Skoonheidstories

Skoonheid van oer tot nou (deel 1)

Skoonheid. Gesondheid. Jeug.

Van die vroegste tye was ons voorkoms nooit net ydelheid nie. Dit was deel van ons menswees, ons kulturele besit, die wie en wat van ons bestaan, ons uitkyk op die lewe, ons begrip van die wêreld.

Skoonheid is ons verlede, hede en toekoms.

Dis presies wat L’Oréal vasvang in ’n unieke stel boeke getitel 100 000 Years of Beauty, om dié skoonheidshuis se 100ste bestaansjaar te vier.  Die reeks bestaan uit vyf boeke deur 300 skrywers van 35 nasionaliteite uit 20 verskillende vakrigtings.

Hulle vertel hoe die mens skoonheid ervaar en beleef, vanaf die oertyd tot wat ons in die toekoms kan verwag. “Die doel was om skoonheid beter te verstaan, om alles saam te vat – dit wat ons geleer het en dit wat ons nog nie weet nie,” verduidelik Philipe Raffray besturende direkteur van L’Oréal SA.

“Met dié projek probeer ons ook om mense ’n kykie te gee na wat skoonheid vir die mens beteken.” Philipe en prof. Francis Thackeray, ’n paleo-antropoloog en direkteur van die Institute for Human Evolution by die Universiteit van die Witwatersrand, wat ook ’n bydrae tot die boekereeks gelewer het, deel hul insigte rondom skoonheid en wat hulle uit die projek geleer het.

In die eerste boek, wat handel oor ons oergeskiedenis, is dit duidelik dat skoonheid vroeg reeds vir die mens belangrik was.
“Die mens se behoefte, van die vroegste tye af, was om te soek na daardie mooi, skaars dinge, soos minerale – ’n soeke na perfekte proporsies en kodes wat iets as beeldskoon klassifiseer.  Sosiale aanvaarding word ook dikwels gekoppel aan wat ’n samelewing as skoonheid beskou, die menslike herkenning van wat mooi is,”sê Philipe.
Prof. Thackeray glo dit is wiskundige proporsies wat bepaal of iets mooi is: “Die wiskundige verhouding pi is die goue verhouding en dié ideale proporsies vind oral uitdrukking in wat ons as mooi beskou: in die natuur, in kunsvorme soos argitektuur en die skilderkuns en selfs in musikale komposisies. Hierdie proporsies is verbind aan wat universeel as aantreklik beskou word en dit word deur die mens se geskiedenis herhaal. Selfs byekorwe word volgens hierdie goue verhouding gebou,”sê hy. 

Watter ontwikkelings in die skoonheidsbedryf die afgelope 20 jaar het verras?
Philipe is verstom oor hoe lank dit die moderne man geneem het om terug te keer na skoonheid: “In ander eras het skoonheid vir mans ’n groot rol gespeel (dink maar aan die Victoriaanse tydperk). Eers in die laaste vyf jaar was daar egter onder mans ’n groot skuif terug na skoonheid.”
Mansprodukte neem al hoe meer hul plek op winkelrakke in en skoonheidshuise kies mans as ambassadeurs om skoonheidsroetines hip te laat lyk: Patrick Dempsey bly jonk met L’Oréal Men Expert Hydra Sensitive Multi-Protecting 24 Hour Hydrating Cream (R84,95),  Jude Law ruik vars met Dior Homme Intense (R995 vir100 ml EDP) terwyl Matthew Fox sy vel verkwik met L’Oréal Men Expert Hydra Energetic SPF15 Moisturising Lotion (R129,95). Hugo Boss het onlangs aangekondig dat die sexy akteur Ryan Reynolds die gesig is van hul nuutste geur,wat later vanjaar bekend gestel word.

Dior Homme Intense
L’Oréal Men Expert Hydra Sensitive Multi- Protecting 24 Hour Hydrating Cream Dior Homme Intense

“Tegnologie het ook groot veranderinge meegebring – veral hoe ons die menslike vel en hare verstaan.
Aanvanklik is henna gebruik om van grys hare ontslae te raak. Vandag het ons haarkleurmiddels wat glad nie jou hare beskadig nie. By L’Oréal het ons 3 000 mense wat pal navorsing doen en ons bestee 3,3% van ons omset daaraan,” sê Philipe.
Probeer L’Oréal Casting Crème Gloss in Chocolate Glace (R129,95) om sonder enige ammoniak van grys hare ontslae te raak, of kleur jou hare in net 10 minute met L’Oréal Excell 10’ in Black Magnetic (R134,95).  Produkte vir jou hare is vandag ook slim: Redken Color Extend Rich Recovery (R470) sorg dat jou haarkleur nie verdof nie en bied beskerming teen die son, terwyl GHD Sea Spray For Matt Waves (R190) sout uit die Dooie See bevat om jou hare tekstuur te gee en teen hitte te beskerm.  Philipe vertel ons kry elke dag ’n beter begrip van die moderne wêreld waarin ons leef: “Ons kan slimmer te werk gaan, soos om ’n mineraal wat in vulkaniese klip voorkom in deodorant te gebruik, omdat ons geleer het dat dit perspirasie voorkom. Dit gee ’n mens ’n idee van hoe ver ons nog kan gaan.”
Prof.Thackeray beaam dit: “Tegnologie laat ons toe om chemiese analises van Egiptiese artefakte te maak.  Nou kan ons aflei watter minerale die Egiptenare in hul skoonheidsroetines gebruik het en dit vandag weer toepas.”

L&aposOréal Casting Créme Gloss in Chocolate Glace L&aposOréal Excell 10' in Black Magnetic Redken Color Extend Rich Recovery GHD Sea Spray For Matt Waves
L’Oréal Casting
Crème Gloss in
Chocolate Glace
L’Oréal Excell
10’ in Black Magnetic
Redken Color Extend Rich Recovery GHD Sea Spray For
Matt Waves

Volgens Time Magazine word ons gebore met ’n spirituele geen. Is dit moontlik dat ons ook ’n skoonheidgeen het wat ons “programmeer”om na skoonheid te strewe?
“Skoonheid is ’n fisieke illustrasie van goeie gesondheid en behoud vir voortplanting. Geneties of nie – dis beslis diep in ons gewortel. Daar is genoeg bewyse dat die mens altyd probeer om die wêreld waarin hy leef te verstaan.  Om gesond te wees is om mooi te wees,”verduidelik Philipe.
Prof.Thackeray glo nie ons het ’n skoonheidgeen nie: “Die brein word gestimuleer deur die vyf sintuie. Spiritualiteit gee ons innerlike skoonheid – en dis nie geneties nie.”

Hoe het skoonheid aangepas by die moderne era se fokus op individualiteit?
“Skoonheidsprodukte benut tegnologie om dit beter vir die mens te laat werk.  Vandag kan ons poeiers chemies fynmaal tot hul onderskeie molekules.  Ons kan parfuum sinteties vervaardig.
Tegnologie maak dit moontlik om aan die verwagtinge van die individu te voldoen, soos om Afrika-vroue se hare beter te verstaan en produkte te bied wat nie net hul hare reguit maak nie, maar ook die kopvel streel,”sê Philipe. Poeiers word deesdae stadig gebak en verryk met tot 48 minerale, soos M.A.C  Mineralize Skinfinish Natural (R180), om sag te werk met jou vel, terwyl Almay Intense I-Color Light Interplay Technology (R150) met die lig en kleur speel om jou oogkleur nog treffender te maak.
Geure wat nie in die natuur bestaan nie, kan ook vandag geskep word.
Chanel No.5 (R620 vir 35 ml EDP), met ’n groot hoeveelheid sintetiese aldehiedes, was een van die eerste
voorbeelde van hierdie trend.

Wat sal vir ons mooi wees in die toekoms? Is daar enige aanduiding of die manier waarop ons skoonheid sien drasties sal verander?
“Die ikoniese maatstawwe van proporsie sal die pilare bly. Daar sal ’n hernude fokus op gesondheid wees en ons sal wegbly van uiterstes soos om té maer te wees. Gesigrome sal die vel beduidend kan lig sonder chirurgie omdat ons die vel beter sal verstaan. Soos ons groei, het ons meer respek vir gesondheid. Dit lei
’n tyd in waar ons nie sommer enigiets sal drink of op ons gesig sal sit om beter te lyk nie – ons wil ook verstaan wát dit is. Ons sal ook groei in ons respek vir die individu en die liggaam,”sê Philipe.
Volgens Philipe sal daar altyd modes en voorkomste wees wat nagejaag word, maar dit sal bloot trends bly: “Die onderliggende strewe was nog altyd elegansie en om so gesond en aantreklik as moontlik te wees. Ons kom altyd terug na hierdie vaste waardes.”
Vandag word daar reeds heelwat tegnologie in gesigrome verpak. Lancôme se nuutste gesigroom, Rénergie Lift Volumetry (R1 040), sal die volume wat met ouderdom verlore gaan, in jou vel terugsit, terwyl RoC Complete Lift Lifting Eye Roll-On (R250) pofferigheid en lyntjies om jou oë behandel. Of wend L’Oréal Revita Lift Double Lifting Intensive Re-Tautening Gel + Anti-Wrinkle Cream (R189,95) onder jou vogroom aan om jou vel teen die jare te help veg.

Almay Intense I-Color Light Interplay oogskadu M.A.C. Mineralize Skinfinish Natural Lancôme Rénergie Lift Volumetry RoC Complete Lifting Eye Roll-On
 Almay Intense I-Color Light Interplay Technology Oogskadu M.A.C Mineralize
Skinfinish Natural
Lancôme Rénergie Lift Volumetry RoC Complete
Lift Lifting Eye
Roll-On
L&aposOréal Rivita Lift Double Lifting Intensive
L’Oréal Revita Lift Double Lifting Intensive

Wat sal die impak van die virtuele era op skoonheid wees?
“Dis vandag belangrik om goed te lyk. Mense soek hul beste foto’s uit om op Facebook te sit en airbrushing is die nuwe ‘skoonheidsproduk’. Ons sal egter aanhou soek na dít wat ons nie het nie – as jy lang hare het, wil jy kort hare hê en as jou hare reguit is, begeer jy krulle. Ons wil uitstaan om aanloklik te wees vir ander,”sê Philipe.
Op skoonheidshuise se webtuistes kan jy nuwe produkte virtueel uittoets en dan die foto op byvoorbeeld Facebook laai. Probeer www.esteelauder.com om jouself ’n oormaaksessie te gee of kry grimeerwenke in video-vorm by www.bobbibrown.co.za.

Met tegnologiese vooruitgang, veral op mediese gebied, sal die mens ooit in sy eie oë fisieke perfeksie bereik, of sal dit altyd iets bly waarna ons streef ?
Die belangrikste is dat jy vir jouself goed lyk en gelukkig is met jou voorkoms, glo Philipe: “Selfs professionele modelle is onseker van hulself en sien nét hul foute raak. Dis ongelooflik belangrik om vir jouself lief te wees. En bou jou selfvertroue, soos deur opleiding te ontvang in ’n rigting waarvan jy hou
of om goeie verhoudings te vestig. As iemand elke dag vir jou sê jy’s mooi, sal jy ’n heeltemal ander mens wees as wanneer iemand jou net op jou swak punte wys,”sê hy.