Skoonheidstories

Haarstileerder verklap: ’n Eenvoudige oplossing vir mooier hare

Ons almal begeer gesonde, glansende lokke! Maar soms voel dit asof jou hare net nie wil wérk nie. Dit lyk alewig plat en leweloos, dit word vinnig olierig óf jy sukkel om jou woeste krullerige (frizzy) hare te tem.

“Baie vroue besoek die haarsalon vir ’n nuwe haarsnit of –kleur met die hoop dat dit hul beskadigde hare nuwe lewe sal gee. Maar as jy nie deurlopend die regte haarsorgprodukte tuis gebruik nie gaan ’n nuwe haarsnit, -styl of -kleur nie die toestand of voorkoms van jou hare verbeter nie, sê Gary Rom, eienaar van die Gary Rom Hair-haarsalonne in Gauteng.

Die tipe tuis-produkte wat jy gebruik maak dus ’n reuse-verskil aan hoe jou hare lyk en dit is met rede geformuleer vir jou unieke haartipe.

Hoe weet jy watter produkte is reg vir jóú?

Jou hare het ’n kombinasie van vog en keratien (’n tipe proteïen) nodig om te voorkom dat dit breek, gesplete punte vorm en vaal en yl lyk, sê Gary. Dié perfekte balans van dié twee noodsaaklikhede word deur jou gene, natuurlike haartekstuur en buitefaktore soos jou haarkleur- en stileringsgewoontes beïnvloed. Dit is daarom belangrik om jou hare met die regte hoeveelheid proteïene en vog aan te vul.

Hiervoor het Gary ’n unieke metode ontwikkel waarmee haarstileerders die hoeveelheid proteïene en vog in kliënte se hare kan analiseer. Hoewel ’n volledige analise deur ’n Gary Rom-haarstileerder nodig is vir akkurate resultate, deel hy dié raad:

Te min proteïene …

kan lei tot ’n kroon sonder volume en hare wat maklik platval en leweloos lyk. Jou hare het moontlik meer proteïene nodig as:

• Jy fyn hare het

• Jou hare natuurlik ’n reguit haartekstuur het

• Jy jou hare gereeld kleur of bleik (by die salon of tuis)

• Jy dikwels gaan vir ’n chemiese-haarbehandeling om jou hare tydelik reguit te maak (Brazilian) of te laat krul (perm)

Kyk uit vir ’n sjampoe, opknapper en masker wat ontwikkel is om dieper te penetreer ten einde die haarskag (die binneste deel waar die keratien voorkom) te voed. Dié produkte het gewoonlik ’n swaar, romerige tekstuur.

Te min vog …

kan lei tot droë hare met gesplete punte, hare wat kroeserig voel en maklik breek. Jou hare het moontlik meer vog nodig as:

• Jy growwer hare het

• Jou hare natuurlik ’n krullerige tekstuur het

• Jy dit gereeld met hitte stileer soos om dit uit te blaas, glad te stryk of te krul

• Jy baie tyd in ’n lugverkoelde vertrek deurbring

• Jy grys hare het

Droë hare het bestanddele nodig wat die haarkutikel (die buitenste laag) herstel en seël sodat vog in jou haarskag behoue bly. Kyk uit vir ’n bevogtigende (moisturising) sjampoe, opknapper en haarmasker en ’n voedende haarolie.

Probeer dié produkte:

Gary Rom Summer Kiss Shampoo (R285) en Masque (R495)

Dié sjampoe en haarmasker bevat hope antioksidante om jou hare tydens die somermaande te beskerm teen sonblootstelling en ’n droë klimaat, Beskikbaar vir ’n beperkte tyd by Gary Rom-haarsalonne

Noughty To The Rescue Moisture Boost Shampoo en Conditioner (R150 elk)

Slegs natuurlike bestanddele word in die formules van dié nuwe haarsorgreeks gebruik. Die sjampoe en opknapper bevat onder meer galambotter om droë, kroeserige hare te bevog. By Clicks

Biosense Repair Shampoo (R150) en Conditioner (R160)

Kremetartboomolie en ginsengwortel-ekstrak in dié produkte penetreer diep binne die haarskag om hare te voed en skade te herstel. By uitsoeksalonne of skakel 011 305 1600

L’Oréal Paris Elvive Keratin Straight 72H Shampoo en Conditioner (R70 elk)

Die nuwe haarsorgreeks bevat kragtige swartkomyn-olie (black cumin oil) wat vaal, bros hare behandel

Garnier Ultimate Blends The Sleek Perfector Oil (R150)

Klapperolie help om die haaroppervlak te seël en sorg vir glansende hare

 

via GIPHY

Lees nou

Beauty and the Beast se lokprent is hier!

VIDEO: Quinne Brown Hoffman gesels skoonheid met SARIE