Skoonheidstories

’n Man se wêreld: Velsorgprodukte vir hom

Om ’n duur vogroom aan jou gesig te smeer, vir manikure en pedikure te gaan en aan te klop by ’n estetiese kliniek, is lankal nie meer net ’n bederf vir vroue nie. Ja, daar was nog altyd ’n groep mans wat hul voorkoms ernstig opgeneem het – vroeër jare het ons hulle metrosexuals genoem – maar die klein groepie goedversorgde here groei nou teen ’n vinnige pas. Kyk maar net na al die produkte spesiaal vir mans op die rak. Hiér help ons jou en die man in jou lewe reg kies vir sý velsorgbehoeftes.

#GreatSkin—for him. Simple. Smart. Straightforward. LIKE if you—or your man—uses #CliniqueForMen.

A photo posted by Clinique (@clinique) on

Probeer dié velsorgreekse spesiaal vir mans:

Clinique For Men

Perfek as: Hy elegant en gesofistikeerd is

Dié skoonheidshuis se gewilde drie-stap-velsorgroetine is ook beskikbaar vir mans. Die reeks is so ingedeel dat jy maklik die regte produkte vir jou veltipe en velsorgbehoeftes kan kies. En ons is mal oor elke produk se eenvoudige en gesofistikeerde grys verpakking.

Probeer: Verwyder dooie selle op die veloppervlak met Clinique For Men Oil Control Exfoliating Tonic (R275)

Kiehl’s Men’s Oil Eliminator

Perfek as: Hy ’n olierige vel het

Dié velsrogreeks is spesiaal ontwikkel vir mans met ’n olierige vel. Dit bestaan uit ’n reiniger wat ook jou vel liggies afskilfer, ’n gesigsproei wat oortollige olie absorbeer en ’n vogroom wat nie swaar op jou gesig voel nie.

Probeer: Gebruik daagliks Kiehl’s Men’s Oil Eliminator Deep Cleansing Exfoliating Face Wash (R345) om van oortollige olie ontslae te raak. By Edgars

Vaseline MEN Face

Perfek as: Hy ’n besige leefstyl het en gereeld reis

Dié reeks reinigers en vogrome kom in 50 ml groottes wat maklik is om te gebruik en gerieflik in ’n reistassie pas. Die meeste van die produkte is ook ontwikkel om jou vel te streel en ’n veluitslag te verminder as jy gereeld skeer.

Probeer: Die formule van Vaseline MEN Face Even Tone Expert Anti-Bump Moisturiser (R86) bevat geen alkohol of geur nie

L’Oréal Paris Men Expert

Perfek as: Hy ’n uitgebreide velsorgroetine verkies

L’Oréal Paris se Men Expert-reeks bevat ’n verskeidenheid van produkte wat talle velsorgkwessies aanspreek – van ’n vaal gelaat tot vel wat gedehidreerd of sensitief is.

Probeer: Vitamien C in L'Oréal Paris Men Expert Hydra Energetic Recharging Moisturiser (R130) verhelder ’n moeë gelaat

ouer

Vir ouer vel…

Clarins Men Age Control

Perfek as: Hy fyn lyntjies en plooie wil behandel

Die skoonheidshuis Clarins se Men Age Control-reeks is onder meer geformuleer om tekens van veroudering soos fyn lyntjies, plooie en ’n verlies aan fermheid te takel vir ’n gelaat wat jonger lyk.

Probeer: ’n Produk vir die fyn vel rondom oë – Clarins Men Line-Control Eye Balm (R395)

clarins skoonheidNivea Men

Perfek as: Hy ’n moeitelose velsorgroetine verkies

Die eenvoudige velsorgreeks bevat reinigers, vogrome en behandelingsprodukte wat help om jou vel gesond te hou en tekens van veroudering te verminder.

Probeer: Wend Nivea Men Active Age Night Regenerator (R180) in die aand aan om jou vel se selvernuwingsproses te bevorder

nivea men DX Smooth Pro Series

Perfek as: Hy sukkel met donker vlekke

Die bekostigbare velsorgreeks bevat unieke produkte wat spesiaal geformuleer is om donker vlekke en pigmentasie te behandel. Kyk onder meer uit vir ’n voedende gesigolie en ’n gesigmasker wat help om jou vel te verhelder.

Probeer: Wend die gekonsentreerde formule van DX Smooth Pro Series Dark Spot Corrector Even Tone (R70) aan donker vlekke om dit te verbloem en verlig. By Clicks

dark-spot-corrector-pack-shotDermalogica Shave

Perfek as: Hy gereeld sy baard skeer

Dié reeks bestaan uit drie stappe wat jou te help om daagliks met ’n glad geskeerde vel sonder ’n veluitslag of snytjies te spog.

Probeer: Gebruik dié strelende skeerbalsem nadat jy geskeer het – Dermalogica Post-Shave Balm (R630)

dermalogica-post-shave-balm-50ml

What else do you think we keep in our lockers? Only the best

A photo posted by L’Oréal MEN EXPERT Official (@lorealmen) on

Lees nou

Drink dié drankies vir die mooiste vel

Nuwe trend: Kontoer jou hare!