Skoonheidstories

’n Mooi vel, stap vir stap PLUS wen produkte!

’n Mooi vel begin by goeie velsorg. Wanneer jy daagliks die regte produkte gebruik, sal jou vel bevog, glansend en jeugdig lyk. Skoonheidskenners sê nie sonder rede dat grimering die mooiste lyk op ’n vel wat goed versorg is nie. En dit is nie net jou gesig waaraan jy moet aandag gee nie. Ook jou nek- en borsgedeelte benodig ekstra sorg.

QMS Promosie Tag

Die internasionale velsorgreeks QMS Medicosmetics, ontwikkel deur dr. Erich Schulte, Duitse trauma- en kosmetiese chirurg en velsorgkenner, bevat alles wat jy nodig het om jou vel in top-kondisie te hou.

Jou velsorgplan:
Stap 1: Goeie reiniging is die belangrikste stap in jou skoonheidsroetine. Deur ontslae te raak van oortollige olierigheid, hardnekkige grimering en vuiligheid kan jy verstopte porieë en ’n probleemvel voorkom.

Probeer: QMS Medicosmetics Deep Cleansing

Stap 2: ’n Verfrisser (toner) balanseer jou vel se pH om droogheid te voorkom. Dit sal ook van enige oorblywende vuiligheid ontslae raak.

Probeer: QMS Medicosmetics Freshening Tonic

Stap 3: Deur jou vel gereeld af te skilfer (exfoliate) raak jy van dooie selle op die veloppervlak ontslae en lyk jou veltekstuur onmiddellik gladder. Velsorgprodukte soos ’n serum en vogroom sal ook beter geabsorbeer word nadat jy jou vel afgeskilfer het. ’n Chemiese afskilferaar wat bestanddele soos vrugte-ensieme bevat, werk veral goed omdat dit die dooie selle “oplos” en jou vel mooi egalig afskilfer.

Probeer: QMS Medicosmetics Exfoliant Fluid

Stap 4: ’n Goeie serum takel spesifieke velsorgprobleme soos droogheid en fyn lyntjies. Wanneer jou vel goed bevog is, lyk dit stralend en soepel. Fyn lyntjies is ook minder opsigtelik.

Probeer: QMS Medicosmetics Day Collagen en Night Collagen

Stap 5: Een jou van jou grootste wapens teen veroudering is ’n sonskerm. Te veel blootstelling aan die son kan lei tot fyn lyntjies en plooie, droogheid en donker vlekke. Dit is daarom belangrik om elke dag, winter en somer, ’n sonskerm te dra. ’n Vogroom met ’n ingeboude sonskerm is ideaal as jy nie daarvan hou om lae en lae produkte op jou vel te gebruik nie.

Probeer: QMS Sport Active Cream

QMS

Wenk: Gebruik een keer per week ’n gesigmasker om jou vel ekstra te voed. ’n Masker gee jou vel ’n vog-inspuiting en werk goed om ’n moeë gelaat ná ’n lang week op te kikker.

Probeer: QMS Medicosmetics Activator Mask

* Al die bogenoemde produkte is saam in die Active Travel Kit verpak.

QMS

Onthou: Moenie jou nek- en borsgedeelte afskeep nie. Wees op die uitkyk vir ’n produk wat dié dele bevog en ook verferm.

Probeer: QMS Medicosmetics Neck & More

Unknown-2

* QMS Medicosmetics is by uitsoek-salonne beskikbaar.

WEN

Een gelukkige SARIE-leser gaan ’n geskenkpak van QMS Medicosmetics ter waarde van R3 500 wen! Al wat jy moet doen is om jou besonderhede hieronder in te vul:

*Wedstryd sluit 1 Maart 2017 om 23:59.

Wen QMS-produkte ter waarde van R3 500