FOTO: Instagram  @laurenconrad

FOTO: Instagram @laurenconrad

Skoonheidstories

Naweekwenk: ’n Kuur vir elke haarkwaal

Dis lente en die vakansie-seisoen kruip al nader. Tog sukkel jy nog met hare wat te veel krul, vaal lyk, leweloos en droog is. Hiér is wenke vir elke haarkwaal, plus ons keuse van sterprodukte wat jy kan probeer.

 

Tem krullerigheid

Jou hare is geneig om tydens die somermaande baie krullerig (frizzy) te wees weens skade aan die haarkutikel (die buitenste lagie van jou hare).

  • Moenie met jou handdoek aan jou hare vryf wanneer jy afdroog nie. Die growwe katoenvesels kan die haarkutikels verder beskadig. Klad eerder jou hare deur die water liggies uit te druk.
  • Die natuurlike olies wat jou kopvel produseer help ook om krullerigheid te beveg. Probeer om so min moontlik, nie meer as twee tot drie keer ’n week nie, jou hare te was sodat dié natuurlike olies hul werk kan doen.
  • Kies bevogtigende haarprodukte soos ’n sjampoe en opknapper vir droë hare, asook droë olies.

Probeer: TRESemmé Keratin Smooth Shampoo & Conditioner (R79 elk), Kérastase Discipline Keratine Thermique Smoothing Taming Milk (R340, by uitsoeksalonne) of Lee Stafford Arganoil from Morocco Nourishing Miracle Oil (R145, by Clicks)

 

Probeer dié skoonheidswenke vir propvol somersdae

Kleur wat hou

Haarkleure soos rooi en blond is geneig om vinnig vaal te lyk. Gebruik daarom ’n goeie sjampoe en opknapper wat jou kleur langer sal laat hou, sê Shelene Shaer, mede-eienaar van die salon Tanaz in Johannesburg.

  • Spoel jou opknapper onder koeler water af. Die koue temperatuur laat jou haarwortels en -kutikels toetrek, wat sorg vir glans.
  • Skeduleer jou haarkleur- en haarsny-afsprake apart omdat ’n haarsny jou haarkleur onmiddellik nuut sal laat lyk, sê Shelene.
  • Kies ’n aanbly-opknapper wat jou hare sal bevog en die son se skadelike UV-strale, wat jou haarkleur kan verlig, sal blok.

Probeer: Marc Anthony Repairing Macadamia Oil Sulfate Free Shampoo & Conditioner (R110 elk, by Dis-Chem), Dove Hair Therapy Colour Radiance Leave-in Conditioning & Care Spray (R73) of label.m Colour Stay Shampoo (R240) & Conditioner (R260, by uitsoeksalonne)

 

5 Wenke vir jou partytjie-haarstyl en -grimering

Skep volume

Sê tot siens vir hare wat plat en leweloos is deur bloot jou sjampoe en opknapper aan te pas. “Gebruik ’n deursigtige sjampoe, want dik en romerige sjampoe kan te swaar op jou hare wees”, sê Matthew Mansoor, haarstileerder van TRESemmé.

  • Wend jou opknapper minder gereeld aan, sowat een keer ’n week is genoeg.
  • Gebruik ’n droë sjampoe op jou haarwortels om volume te skep én jou hare te verfris.
  • Probeer die omgekeerde haarwas-roetine (hiér wys ons jou hoe) deur eers opknapper aan te wend en dan sjampoe.

Probeer: Toni & Guy Shampoo & Conditioner for Fine Hair (R100 elk, by Clicks), Kevin Murphy Anti Gravity Spray (R350, by uitsoeksalonne) of Trevor Sorbie Dry Shampoo (R120, by Dis-Chem)

 

FOTO: SARIE Voorbladgesig-wenner se nuwe haarstyl!

Herstel glans

Die son, see, chloor, haarkleursel en hitte dra alles by tot hare wat bros en vaal lyk. “Die enigste manier om beskadigde hare ten volle te herstel is om jou haarpunte te sny,” sê Paula Begoun, stigter van Paula’s Choice.

  • As jy nie jou hare wil sny nie, gebruik dan gereeld ’n ryk haarmasker om jou hare te voed, te bevog en verdere skade te voorkom.
  • Probeer om so min moontlik met jou hare te doen deur dit byvoorbeeld nie baie in ’n poniestert vas te maak nie, dit natuurlik te laat droogword en jou hare nie te veel te kam nie.
  • Gebruik altyd ’n haarsproei wat jou hare teen hitte beskerm.

Probeer: Schwarzkopf Professional BC Fibre Force Fortifying Treatment (R233, by uitsoeksalonne), L’Oréal Elvive Fibrology Thickening Mask (R75) of Paula’s Choice All Over Hair & Body Shampoo (R375, by www.paulaschoice.co.za)

 

Ons toets: Stileerwaks vir kort hare – lees meer!