pta_bm_frik_lourens_groenteboer_15
Skoonheidstories

Naweekwenk: Voed jou vel van binne

Alles wat jy daagliks doen en inneem het ’n invloed op jou vel. Eet dié vyf superkosse gereeld vir ’n gesonde vel, sê Beverley Bartholomew, nasionale opleiding- en handelsnaambestuurder van die velsorgreeks Comfort Zone.

Die vier groot sondebokke wat daagliks jou vel aanval is vrye radikale, inflammasie, verlaagde metilasie (’n biochemiese proses wat die selle in jou liggaam konstant vernuwe) en glikasie (wanneer suiker in jou liggaam onder andere met die kollageen in jou vel verbind). Die twee laasgenoemde is chemiese prosesse wat die veroudering van jou vel kan versnel. Die goeie nuus is dat daar natuurlike vegters teen dié faktore bestaan. Deur bloot kos wat antioksidante, omega 3-olies, foliensuur en vitamiene B1 en B6 bevat gereeld te eet, beveg jy die tekens van veroudering van binne.

Die diagram wys die vier groot faktore wat 'n invloed op die veroudering van jou vel het. FOTO: Skin Regimen

Die diagram wys die vier groot faktore wat ‘n invloed op die veroudering van jou vel het. FOTO: Skin Regimen

Voed jou vel met dié superkosse:

Sade: Jy kan nooit verkeerd gaan deur sade gereeld by jou dieet in te sluit nie. Vlassade en hennepsade bevat omega 3-olies wat help om inflammasie en aknee te beveg, terwyl sade soos pampoen- en sonneblomsade seleen en magnesium bevat wat help om jou stresvlakke te verlaag vir ’n jonger vel. Sprinkel dié sade oor harwemoutpap, slaaie of jogurt.

Tuna en salm: Vars vis in enige vorm is die beste vorm van omega-3 olies wat jy kan inneem en daarom altyd ’n gesonde keuse. Tuna se ster-voedingstof is seleen, wat ook in pampoensade te vind is. Dit help om jou vel soepel en jonk te hou, terwyl salm jou liggaam voed met vitamien D en omega 3-olie wat bydra tot die algemene gesondheid van jou vel én hare.

Victoria Beckham se skoonheidsgeheime

Spinasie: Studies toon dat spinasie voedingstowwe bevat wat die selle in jou liggaam se vermoë om nuwe selle te vervaardig ’n hupstoot gee. Só verminder spinasie die kanse vir die ontwikkeling van kankerselle. Boonop is spinasie ook ryk aan vitamiene B1 en B6 en foliensuur wat die uitwerking van suiker op jou vel teenwerk.

Natuurlike pers groente en vrugte: Pers is dié gesond-eet kleur! Natuurlike pers gekleurde kosse soos pers frambose, bloubessies, kool en blomkool is ryk aan antioksidante wat vrye radikale beveg en jou liggaam se bloedsirkulasie help bevorder en só aan jou vel natuurlike glans sal gee.

Tamaties: Likopeen is ’n rooi pigment wat aan tamaties hul kenmerkende kleur gee. Daarby is likopeen ook ’n kragtige antioksidant wat jou vel teen die skadelike uitwerking van vrye radikale beskerm.

Die diagram wys die superkosse wat van binne jou vel gesond hou. FOTO: Skin Regimen

Die diagram wys die superkosse wat van binne jou vel gesond hou. FOTO: Skin Regimen

Hou jou hare glansend en gesond – lees meer!

FOTO: Instagram  @clau_rhm

FOTO: Instagram @clau_rhm