Skoonheidstories

Naweekwenk: Wonder-wenkbroue

Welige wenkbroue is een van die jaar se grootste skoonheidsgiere! Dis veral die model Cara Delevingne en die aktrise Lily Collins wat verantwoordelik is vir dié tendens. 

Hiér is raad, wenke en hope produkte sodat jy óók wonder-wenkbroue kan hê.

Lees ook oor die nuutste haartendens – die wob

Op jou mooiste met welige wenkbroue – lees meer!

Hoewel ons geneig is om ons wenkbroue af te skeep wanneer ons grimeer, kan mooi wenkbroue jou voorkoms meer treffend en glansryk maak. Kyk maar net na die transformasie van die sanger Taylor Swift toe sy onlangs op die voorblad van die Amerikaanse tydskrif Wonderland met ’n ‘nuwe’ stel wenkbroue gespog het danksy slim stilering en grimering.

Modelle verskyn sonder ’n tikkie grimering op loopplank

Voller wenkbroue rond jou voorkoms perfek af, sê Lana Pienaar, nasionale opleidingsbestuurder van die grimeerreeks Inglot. “Dit kan jou ook jare jonger laat lyk omdat wenkbroue wat voller en reguit is natuurlik by jonger vroue voorkom.” ’n Natuurlike wenkbrou is dikker aan die binnekant van jou oog, vorm ’n boog skuins net bo jou oogpupil en loop dan dunner uit tot skuins bo die buitenste hoek van jou oog.

Gee jou wenkbroue nuwe lewe

As jy nuwe lewe aan jou wenkbroue wil gee, is dit ’n goeie plan om jou wenkbroue vir sowat twee maande te los om heeltemal uit te groei, is Lana se raad. “Dis ’n skrikwekkende gedagte, maar sodra jou wenkbroue uitgegroei het en jy dit weer ’n natuurlike vorm kan gee, sal jy dankbaar wees.”

Die gebruik van dun garedraadjies om wenkbrou-haartjies te verwyder (threading) is deesdae baie gewild. “Met dié tegniek kan jy baie meer presies werk om die perfekte wenkbrou-vorm te kry en boonop rek dit nie die vel rondom jou wenkbroue nie,” sê Lana. Besoek Eye Candy en die Inglot-toonbank in Canal Walk in die Kaap, asook Soho Nail Bar in Sandton, Johannesburg.

Taylor Swift spog ook met dié seisoen se gewilde bob-haarsnit

Laat jou wenkbroue aandag trek

Kleur jou wenkbroue in deur liggies met ’n wenkbroupotlood of -skadu oor elkeen te gaan. Gebruik ’n hoekige borsel en trek ’n ligte lyntjie terwyl jy die natuurlike vorm van jou wenkbrou se onderkant volg. Skakeer dan die skadu of potlood met vinnige strook-bewegings skuins opwaarts in jou wenkbroue in. Gebruik die haarkleur wat by jou haarwortels sigbaar is as gids om die ideale skakering vir jou wenkbroue te vind.

Tem dik en deurmekaar wenkbroue of laat dit weliger voorkom deur met ’n wenkbrou-jel oor jou wenkbroue te gaan ná dit ingekleur is. Dit sal meer definisie aan jou wenkbroue gee, asook die grimering op jou wenkbroue waterbestand maak en langer laat hou.

Die SARIE-skoonheidspan se gunsteling-produkte vir wenkbroue

L’Oreal Super Liner Brow Artist in Brunette (R135)

Clarins Eyebrow Pencil in Ligth Brown (R225)

Clinique Instant Lift for Brows in Soft Brown (R240)

Revlon BrowFantasy Eyebrow Pencil in Brunette (R120)

Beskikbaar vir ‘n beperkte tydperk

Avon Glimmersticks Brow Definer in Soft Black (R99)

Skakel 0860 102 345

Bobbi Brown Natural Brow Shaper and Hair Touch Up in Mahogany (R245)

M.A.C Pro Longwear Waterproof Brow Set in Brown Ebony (R190)

CK One Color Brow Pencil and Gel Duo in Foxy Redhead (R245)

Shiseido Eyebrow Styling Compact in Light Brown (R365)

Wet n Wild Ultimate Brow Kit (R45)

By Clicks

Inglot Angled Brush 31T (R180)

Eylure Brow Nourishing Oil (R109)

By Dis-Chem

LiBrow Purified Eyebrow Serum Demi (R877)

By www.lilash.com

Elizabeth Arden Prevage Clinical Lash + Brow Enhancing Serum (R725)

Naweekwenk: ’n Kuur vir elke haarkwaal