Skoonheidstories

Nerina Labuschagne se skoonheidswenke

Hou dit aards

Nerina Labuschagne, model

“Te veel grimering kan jou maklik ouer laat lyk, daarom hou ek by aardse, natuurlike kleure. Hierdie kleure is veral goed vir jou oë – dit gee jou ’n jong,

gloeiende voorkoms.

Ek gebruik ook elke dag La Prairie se Light Fantastic Cellular Concealing Brightening Eye Treatment (R550). Dit weerkaats die lig en verhelder jou oë.”

Volgens Nerina skeep vroue te maklik hul nek en hals af. “Hierdie dele kan jou maklik oud voor jou tyd laat lyk, so bevog gereeld,” is haar raad.