FOTO: Instagram  kimkardashian

FOTO: Instagram kimkardashian

Skoonheidstories

Nuwe skoonheidsgier: Is ‘baking’ die nuwe ‘contouring’?

Net wanneer jy dink jy’t die kuns van koentoere (contouring) skep bemeester is daar nou ’n nuwe skoonheidsgier wat dié grimeertegniek ’n tree laat terugstaan. Baking of cooking, soos wat dit in die skoonheidswêreld bekend staan, is ’n tegniek wat verhoogkunstenaars en sommige bekendes al jare gebruik om hul onderlaag goed te laat posvat op hul vel sodat dit lank hou en vlekloos lyk sonder dat gereelde opknapping nodig is.

Julia Roberts en haar man skei glo ná 13 jaar

Ná Kim Kardashian se grimeerkunstenaar, Mario Dedivanovic, verklap het dat hy soms die baking-tegniek vir dié realiteitster se rooitapyt-voorkomste gebruik, het dit ’n Youtube-sensasie geword. Nes kontoere skep is baking egter ’n moeilike tegniek om baas te raak. Dit behels die aanwending van ’n dik lagie onderlaag, verbloemer en deursigtige poeier op die dele van jou gesig wat jy wil laat uitstaan waarna dit vir sowat 10 tot 30 minute op jou vel moet ‘bak’. Daarna verwyder jy enige ekstra poeier liggies met ’n grimeerborsel.

#BTS today @kimkardashian @gregoryrussellhair #MakeupByMario

A photo posted by Mario Dedivanovic (@makeupbymario) on

 

Kyk die video waarin ’n grimeerkunstenaar, Heidi Hamud, die tegniek verduidelik:

Lady Gaga bie meer as R3 miljoen vir dié skoene – foto’s hiér

Die baking-tegniek is perfek vir ’n fotosessie, ’n lang aand uit of vir verhoogkunstenaars wat lank onder warm ligte moet staan, berig www.refinery29.com. Vir daaglikse grimering kan dié voorkoms egter maklik te veel aangeplak en dik lyk. As jy die tegniek wil uitprobeer, gebruik ’n getinte vogroom of ’n onderlaag met ligte bedekking (gevolg deur verbloemer en deursigtige poeier) om te voorkom dat jou voorkoms aangeplak lyk.

Bronne: www.refinery29.com, www.huffingtonpost.ca, www.telegraph.co.uk

Wat dink jy? Sal jy die baking-tegniek probeer? Los kommentaar onderaan dié artikel, of deel dit met ons op ons Facebook- of Twitter-blad!

Spin saam met skoonheidshuis vir goeie doel