ons toets
Skoonheidstories

Ons toets: Basislaag (primer) vir ’n rooi vel

As daar een produk is wat die skoonheidswêreld die afgelope paar jaar oorrompel het, is dit die basislaag (primer). Dié slim grimeerproduk is oorspronklik ontwikkel om ’n oneweredige veltekstuur (soos porieë of merkies) op te vul sodat jou vel mooi glad is voordat jy jou onderlaag aanwend.

Die gevolg is dat jou grimering foutloos lyk en jou onderlaag ook heelwat langer hou. Vandag doen basislae soveel meer. Sommige is ontwikkel om jou vel te bevog of te verhelder, ander help weer met teenveroudering. Die internasionale grimeerhuis Inglot het onlangs ’n reeks van vyf basislae bekend gestel wat elk ’n ander velkwessie aanspreek.

corrective primer

Dit takel alles van ’n vaal vel en rooiheid tot oortollige olierigheid en donker vlekke. Omdat my vel sensitief is, is dit dikwels rooi, veral rondom my neus en ken. Daarom het ek Inglot Corrective Primer Green HD (R499) beproef. Dié formule is ontwikkel om rooiheid te verdoesel. Die basislaag self is groen (groen neutraliseer rooi), maar sodra jy dit aanwend, verdwyn die groen kleur en daarmee saam vervaag enige rooiheid.

hd corrective primer set

Ek is in die algemeen nie mal oor ’n basislaag nie omdat dit dikwels swaar op my vel voel, maar dié een se tekstuur is lig en dit het vinnig geabsorbeer. Baie vroue se grootste klagte oor ’n basislaag is dat dit skif en fyn velletjies op jou vel vorm wanneer jy jou onderlaag bo-oor aanwend, maar dit was glad nie die geval met dié basislaag nie. My onderlaag het moeiteloos aangewend en my gelaat het mooi glad gelyk. ’n Ekstra bonus is dat die formule ook jou vel bevog.   

*Beskikbaar by uitsoektakke van Edgars en INGLOT-winkels

charistoets

 

Getoets deur Charis van den Heever

 

 

 

WEN 1 van 3 INGLOT Primer-geskenkpakke ter waarde van R2 064 elk!

Drie gelukkige SARIE-lesers kan elk ’n Inglot Primer-geskenkpak ter waarde van R2 064 wen! Al wat jy moet doen is om die eenvoudige vraag te antwoord (jy kan die antwoord HIER kry). Watter HD Corrective Primer help om die voorkoms van aartjies te verbloem?

2016.03.17_STL_FB_Post_v1

Die geskenkpak sluit in:

Inglot HD Corrective Primer (groen) | Verfrissende gesigsproei vir droë tot normale vel | Makeup Fixer (50 ml) | grimeerborsel 21T | Under Makeup Base SPF 20 | Inglot Eyeshadow Keeper

*Die wedstryd sluit 24 April 2016.

WEN 1 van 3 INGLOT Primer-geskenkpakke ter waarde van R2 064

Drie gelukkige SARIE-lesers kan elk ’n Inglot Primer-geskenkpak ter waarde van R2 064 wen! Al wat jy moet doen is om die eenvoudige vraag te antwoord.