Skoonheidstories

Oogskadu 101

Sterk, beklemtoonde oë is dié seisoen hoogmode, maar hoe kies jy die regte skakerings, voorkomste en produkte wat perfek sal pas by jou oë? Volg dié gids:

 

Watter oogskadu-skakerings pas by my oogkleur?

  • Blou oë – Skakerings met grys ondertone bring die kleur van jou oë uit. Aardse kleure soos bruin, oranje en koraal sal ook goed pas.
  • Groen oë – Skakerings met ’n warm ondertoon, soos wynrooi, pers en perske, beklemtoon groen oë.
  • Goud-bruin (hazel) oë – Omdat dié oogkleur ’n kombinasie van bruin en groen is, sal die meeste skakerings hierby pas, veral aardse en neutrale kleure.
  • Bruin oë – As jy bruin oë het, lyk die meeste kleure goed. Skakerings van goud, rooi-bruin en nude lyk veral mooi.

In die Skoonheidstoor: Vyf nuwe oogskadu’s

Hoe wend ek oogskadu aan?

Die geheim met oogskadu is om te eksperimenteer! Speel rond met verskillende kleure tot jy ’n kombinasie vind waarvan jy hou. Begin met ’n oogskadu-palet met vier skakerings wat wissel van lig na donker.

Ligte skakering met glans – Dié skakering word gewoonlik onder jou wenkbroue gebruik om jou oë te verlig. Wend ook ’n tikkie in die binnehoek van jou oog aan om jou oë groter te laat lyk.

Ligte skakering met ’n mat-afwerking – Dié skakering is opsioneel en kan ook onder jou wenkbroue en op jou oë gebruik word om die verskillende kleure saam te skakeer.

Medium skakering – Gebruik dié skakering in die vou van jou oog om die oorgang tussen donker en lig skakeer. Gebruik dit ook oor jou hele ooglid vir ’n dagvoorkoms.

Donker skakering – Wend dié skakering aan die buitenste hoeke van jou oë, asook onder jou oë om ’n rokerige voorkoms te skep.

oogskadu101

 

Hoe komplementeer ek my oogvorm?

Ronde oë

Ronde oë se rondheid word beklemtoon wanneer jy donker oogskadu op die middel van jou ooglid aanwend. Om jou oë langer te laat voorkom, wend ’n donker skakering aan die buitenste hoeke van jou ooglede en ’n ligter skakering oor die res van jou oë. ’n Katoog-voorkoms pas ook goed by ronde oë.

Diep oë

As jou oë diep geset is kan jou oogskadu soms wegraak en heeltemal onnodig wees. Fokus dan eerder daarop om kleur aan jou binneste en buitenste ooghoeke aan te wend en die middel van jou ooglede lig te hou.

Oë naby aan mekaar

’n Donker oogskadu-skakering aan die binnehoeke van jou oë sal hulle net nog nader aan mekaar laat voorkom. Wend daarom jou oogskadu eerder aan die buitekant van jou ooglid aan – van jou wimperlyn tot net onder jou wenkbroue. Só skep jy ’n “wye-oog”-voorkoms.

Klein oë

Laat klein oë groter en wyer lyk deur oogskadu in ligte skakerings op jou ooglede aan te wend en dan ’n donkerder skakering in die vou van jou oog aan te wend.

Gaan jou oogskadu te gou af? Vind hiér ’n paar wenke

Hier is ons gunsteling oogskadu-produkte:

Clinique Chubby Stick Shadow Tint for Eyes in Mighty Moss (R230)

black|Up 5 Color Eyeshadows in PAL01 (R495). By uitsoekwinkels van Edgars

Dior Couture Colours & Effects Eyeshadow Palette in Pastel Choc (R745)

Estée Lauder Pure Color Envy Sculpting Eyeshadow 5-Color Palette in Envious Orchid (R685)

Almay Intense i-colour Bold Nudes Kit in Hazel Eyes (R160)

Avon True Colour Eyeshadow Duo in Crushed Orchid (R100). Skakel 0860 102 345

Clarins Eye Quartet Palette in Graphites (R450)

The Body Shop Colour Rush in Golden Cinnamon (R130)

Lancôme Ombre Hypnôse Mono – Fresh and Luminous in S-Tresor Glace (R325)

Elizabeth Arden Eye Shadow Singles in Radiant Orchid (R210)

Lees in die Oktober-uitgawe van SARIE watter borsels jy nodig het vir perfekte ooggrimering.

Bronne: www.makeupgeek.com, www.michellephan.com