charis_2
Skoonheidstories

Op jou mooiste: BB, CC, DD, wat?

BB-rome (Beauty Balm of Blemish Balm) het die skoonheidswêreld eerste getref. Hierdie is ’n alles-in-een-produk wat nie net ligte bedekking vir jou vel bied nie, maar ook teenverouderingsvoordele het en gewoonlik jou vel teen die son beskerm (omdat dit ’n SBF bevat).

Bo, van links is: Clarins Skin Perfecting BB Cream Broad Spectrum SPF 25 (R375), Estée Lauder Day Wear BB Anti-Oxidant Beauty Benefit Crème SPF 35 (R460) en Pond’s Flawless Radiance BB SPF 30 PA ++ (R90).

Lees Charis se blog oor ‘n onegalige veltoon hier.

CC-rome (Colour Correction) se ster-eienskap is dat dit jou veltoon egalig laat vertoon deur rooiheid, vlekkies en donker kringe te verbloem. Sommige daarvan bedek jou vel minder as ’n BB-room en jy wend dit onder jou onderlaag aan, ander gee weer meer bedekking.

Bo, van links is: Smashbox Camera Ready CC Cream Broad Spectrum SPF 30 (R390), Stila One Step Skintone Correcting Brightening Serum (R330) en Clinique Moisture Surge CC Cream SPF 30 (R355).

Was jy jou grimering af voordat jy oefen? Lees hier waarom dit noodsaaklik is.

Die eerste DD-room (Dynamic Do-all) is deur die internasionale skoonheidsmaatskappy, Julep in Amerika bekend gestel. Hierdie produk het ’n groter fokus op teenveroudering en verminder die voorkoms van porieë en fyn lyntjies, terwyl dit ook jou vel bedek en teen die son beskerm. Ons sal moet wag en sien of DD-rome ook ’n skoonheidsgunsteling gaan word.