charis_tasting_bar_
Skoonheidstories

Op jou mooiste: Skep jou unieke geur

Hierdie Britse skoonheidshuis is bekend vir Fragrance Combining: Jy kan twee of drie van hul parfuums (of selfs vier of vyf) oormekaar dra om jou eie unieke geur te skep. En hulle het wonderlike geure waarmee jy kan eksperimenteer, van Nutmeg & Ginger tot French Lime Blossom. Ek hou veral daarvan om hul Grapefruit met Red Roses te meng.

Jo Malone

Tydens die bekendstelling van hul nuwe parfuum, Osmanthus Blossom (R570 vir 30 ml EDC en R1050 vir 100 ml EDC) verlede week, het ek ’n heerlike hand-massering gekry by The Tasting Bar in hul winkel in Hyde Park Corner, Johannesburg. The Tasting Bar is ’n toonbank in hul winkels waar jy jouself kan gaan tuismaak as jy lus is vir bederf. Hier help iemand van Jo Malone jou om jou gunsteling-geure te kies en masseer dan jou hande vir 20 minute met dié geure se room. En dit is gratis!

Jo Malone

Besoek The Tasting Bar by Jo Malone in Hyde Park Corner, Stuttafords Sandton, Stuttafords Eastgate (almal in Johannesburg) en die V&A Waterfront (Kaapstad).

As jy nie in Kaapstad of Johannesburg woon nie, kan jy steeds Jo Malone geniet. Wanneer jy hul produkte deur Jo Malone Express (0800 0055 26) bestel, kom lewer hulle dit by jou deur af.

*Osmanthus Blossom is net vir ’n beperkte tyd beskikbaar