FOTO: Leana Clunies-Ross

Skoonheidstories

Op jou mooiste: Haal uit daardie bessiekleurige lipstiffie

Ons skoonheidsredakteur blog

Die skoonheidshuis M.A.C het verlede week hul nuwe grimeertendense bekend gestel. Die een wat my aandag getrek het, is bessiekleure vir jou lippe. Wat dit vars maak, lê in hóé jy dit aanwend – donkerder aan die middelste deel van jou lippe as aan die buitekant om ’n tipe ombre-voorkoms te skep. ’n Lipkleur wat ’n bietjie ‘onnet’ is, is in die kol.

M.A.C se grimeerkunstenaar, Michelle-Lee Collins, het vir ons stap vir stap gewys hoe om hierdie voorkoms te skep:

FOTO: MSGM // MILAN

FOTO: MSGM // MILAN

 

  1. Wend ’n bessiekleurige lipstiffie aan jou lippe.
  2. Skakeer nou hierdie kleur vanaf die middelste deel van jou lippe na buite met ’n grimeerborsel sodat die lipstiffie ligter is aan jou lippe se buitehoeke.
  3. Gebruik ’n bruin lippotlood en kleur die middelste deel van jou lippe in.
  4. Skakeer dit met ’n plat grimeerborsel sodat daar nie enige harde lyne wys nie en die kleur van die lippotlood geleidelik saamsmelt met dié van die lipstiffie.
FOTO: PAUL SMITH // LONDON

FOTO: PAUL SMITH // LONDON

Die ander grimeertendense wat M.A.C geïdentifiseer het:

Die Reb-Elle-voorkoms

FOTO: LEONARD // PARIS

FOTO: LEONARD // PARIS

 

 

Vir dié voorkoms moet jy nie skaam wees met die swart oogomlyner nie. Skakeer die omlyner op jou boonste én onderste ooglid om ’n grunge gevoel te skep.

Spiritual Eyes

FOTO: GARETH PUGH // PARIS

FOTO: GARETH PUGH // PARIS

 

 

 

Sagte skakerings word gebruik om ’n romantiese, byna uitgewaste voorkoms vir jou oë te skep.

Perspex-Tive
Produkte soos verligters (highlighters) word gebruik om ’n supergladde, blink tekstuur vir jou vel te skep.