Charis Labuschagne
Skoonheidstories

Op jou mooiste: Welige wenkbroue is in die kol

Welige wenkbroue soos Sofia Vergara s'n is hoogmode. Lily Collins (Mirror Mirror) se groot wenkbroue is treffend.

Bo: Die aktrises Sofia Vergara (Modern Family) en Lily Collins (Mirror Mirror). Weet jy wie is Lily se pa? Klik hier om te sien!

Toe M.A.C verlede maand hul skoonheidstrends vir die somer met die skoonheidsredakteurs gedeel het, het hul grimeerkunstenaar, Michelle-Lee Collins, juis oor vol wenkbroue gesels en ook ’n paar goeie wenke gegee. Sy sê:

  1. Maak seker jou wenkbroue se vorm het nie te veel van ’n oordrewe boog nie. Dit kan jou ouer laat lyk. Wenkbroue wat meer reguit is, is modern.
  2. Kleur jou wenkbroue in tot lekker naby aan jou neus sodat dit nader aan mekaar voorkom. Hoe verder jou wenkbroue uitmekaar is, hoe breër lyk jou neus.
  3. As jy mal is oor dié tendens maar nie geseën is met vol wenkbroue nie, kan jy dit voller laat lyk deur dit opwaarts te kam met ’n borseltjie voordat jy dit inkleur (soos Cara Delevingne s’n hieronder). Dit sal jou wenkbroue fluffy maak en weliger laat lyk.

Kleur jou wenkbroue in soos die Britse model Cara Delevingne s'n.
Kyk hier hoe Cara en ander bekendes by vanjaar se Met Gala gelyk het.

  • Rita Van Zyl

    O heng nee, vir sulke “fluffy” wenkbroue sien ek nie kans nie, laat my te veel dink aan ‘n ou ou man wat nooit sy wenkbroue netjies hou nie , ( met respek gesê) of hul moet ook soos Al Debo tandeborsel saam dra.

  • Anicke

    Nee ek stem saam!!!! Dit lyk terrible!!!!
    Mode of nie, ek volg dit nie!
    Dankie tog ek het blonde hare!