FOTO: Instagram @littlemrspottz

FOTO: Instagram @littlemrspottz

Skoonheidstories

Pamperlang jou lyf: 5 stappe vir sagte vel

Olie is nie sonder rede een van die skoonheidswêreld se gunstelinge nie. Span dit in om jou lyf mooi te hou.

’n Lyfolie help om jou vel te bevog en soepel te hou, nes ’n gesigolie. Jy smeer dit aan jou lyf nadat jy gestort of gebad het, pleks van ’n lyfroom.

Probeer dit ook só

  1. Meng growwe sout of bruinsuiker met jou lyfolie en gebruik dit as afskilferaar.

  2. Gooi ’n paar druppels van jou lyfolie in jou badwater vir ekstra vog.

  3. Jy kan selfs jou lyfolie gebruik wanneer jy jou beenhare skeer. Smeer dit aan jou droë bene voor jy skeer, pleks van skeerroom.

  4. Wend olie aan jou naelvelletjies om dit te versterk en gesond te hou.

  5. Vryf jou voete met olie in nadat jy dit met ’n voetvyl afgeskuur het om dit sag te hou.

Probeer dié produkte

Nivea Q10 Plus Firming Body Oil (R100)
Bio-Oil (R55 vir 60 ml)
Nuxe Huile Prodigieuse Multi-Usage Dry Oil (R360). By TRUWORTHS beskikbaar

MEI lika berning mei may 2015

*Dié inligting kom uit die aritkel “Olie se vele voordele” in die Mei-uitgawe van SARIE. Dít is ongelukkig nie meer op die rak nie, maar kan steeds digitaal afgelaai word.

 

 

Karlien van Jaarsveld junie jun 2015In die Junie-uitgawe van SARIE ondersoek ons skoonheidsredakteur Charis van den Heever een van die grootste velbekommernisse waarmee SA vroue sukkel, pigmentasie.