FOTO Instagram (@maccosmetics)

FOTO Instagram (@maccosmetics)

Skoonheidstories

Pas op! 5 gewoontes wat jou wimpers beskadig

Lang, aanloklike wimpers is elke vrou se droom. Maar pas op, jy beskadig dalk jou wimpers sonder dat jy dit besef, berig die Amerikaanse Marie Claire aanlyn. Breek dié vyf gewoontes en voorkom só dat jou welige wimpers later uitdun, uitval of breek.

1. Jy gebruik ’n wimperkruller nadat jy maskara aangewend het

Wanneer jy jou wimpers krul nadat jy maskara aangewend het en die formule reeds droog geword het, vorm dit dikwels eerder skewe hoeke (kinks) in jou wimpers as ’n netjiese krul. Dit kan selfs die haartjies afbreek! Kyk maar net na Miley Cyrus se wimperglips! Die sanger het dié foto van haar gebreekte wimpers op Instagram gedeel nadat sy glo eers maskara aangewend het en dit toe met ’n wimperkruller probeer krul het …

Fucking curler chopped my dayummmm lash!

A photo posted by Miley Cyrus (@mileycyrus) on

2. Jy sit vals wimpers verkeerd aan

Gebruik jy gereeld vals wimpers? Maak altyd seker hoe om dié wimpers reg te gebruik. Wanneer jy byvoorbeeld te veel gom gebruik om die vals haartjies vas te plak of indien jy daaraan trek wanneer jy dit verwyder, kan jou wimpers op die lange duur begin uitval en al hoe yler word. Doop ’n oorstokkie in grimeerverwyderaar en wend dit al langs jou wimperlyn aan om die gom van die vals wimpers los te maak.

3. Jy gebruik nie die regte grimeerverwyderaar nie

Ooggrimering soos maskara is moeiliker om te verwyder as onderlaag en poeier. Dit is dus belangrik om ’n grimeerverwyderaar met ’n oliebasis te gebruik. Die maskara-formule bind met die olie en los daarin op. Dit werk sagkens om jou wimpers en die delikate vel om jou oë skoon te maak en irritasie te voorkom. Deurweek twee stukkies watte met grimeerverwyderaar en plaas dit sowat 30 sekondes op jou oë om die maskara op te los. Vee dan die watte sagkens afwaarts oor jou wimpers.

Probeer: Lipidol Cleansing Face Oil (R80, by Clicks) of Clinique Naturally Gentle Eye Makeup Remover (R245)

4. Jy gebruik daagliks waterbestande maskara

Pas op om te veel maskara met ’n waterbestande formule op jou wimpers te gebruik. Dit verg altyd meer moeite om te verwyder. Dit kan lei tot rooiheid, jeukerigheid en sensitiewe oë. Hou ’n waterbestande maskara vir spesiale geleenthede soos ’n troue.

5. Jy vervang nie jou maskara gereeld genoeg nie

Het jy geweet? Die meeste maskaras moet so elke drie maande vervang word. Sodra daar te veel lug in jou maskara-buisie ingelaat word, word die formule klonterig en droog. Daar kan selfs bakterieë in die formule begin groei wat jou wimpers se haarfollikels kan verstop en inflammasie veroorsaak.

via GIPHY

Bronne: www.marieclaire.com, www.hollywoodlife.com

Lees nou

Jamie Foxx en Katie Holmes nou ’n paartjie!

Bruin, die geheim vir sexy oë?