FOTO Instagram / @pippamiddleton

Skoonheidstories

Pippa Middleton sny haar lokke af

Die hertogin van Cambrigde, Kate Middleton, en haar suster, Pippa, is bekend vir hul lang lokke. Pippa, wat in Mei getrou het, het egter besluit om haar haarstyl te verander.

Ja, Pippa het haar lokke gesny. En nou spog sy met ’n vars lob.

Ons dink sy lyk pragtig!

Look at Pippa’s new haircut!! I really love short hair on her. 💇🏻 #pippamiddleton

A post shared by Pippa Middleton-Matthews (@pippamidleton) on

Dís die een haarsnit wat by almal pas. Die lang bob (of lob) is al vir ’n ruk lank dié haarstyl onder internasionale en plaaslike bekendes. Khloé Kardashian, Victoria Beckham, Adele en Jennifer Lawrence – om net ’n paar te noem – het al almal met die styl gespog. Ons kan sien waarom: dit pas byna enige gesigvorm én ouderdom! Boonop is dit ’n veelsydige styl wat maklik stileer en dit het hope volume. Laat sny jou langer bob elke ses tot agt weke om die snit mooi te onderhou.

Vir wenke om jou lob vars te hou klik hier.

Lees nou

Mandy Moore is verloof

Salma Hayek se goedkoop raad vir ’n mooi vel