Skoonheidstories

Wenke vir ’n spa-bederf by die huis

Ná ’n besige halwe jaar het ons almal ’n bietjie vertroeteling nodig … Die een ding waaroor jy nie skuldig hoef te voel nie, is ’n spa-bederf. En vir dié van ons wat nie die pamperlang van ’n regte spa kan bekostig nie, is daar maklike opsies: Jy kan die spa na jou eie huis bring!

Om kop bo water te hou in ons gejaagde lewens, is ’n kalmerende behandeling elke nou en dan ’n noodsaaklikheid. Dit sorg nie net vir jou liggaam nie – jou emosionele welstand kry ook ’n hupstoot wanneer jy kan afskakel en ontspan.

Geniet die naweek ’n heerlike spa-ervaring tuis met dié wenke:

Troetel die stres weg met ’n ontspannende bad

Gooi ’n paar druppels essensiële olie (baie gekonsentreerde geurige plantolies) in jou bad. Dis ’n goeie manier om jou gemoed te lig en het ook heelwat ander gesondheidsvoordele. Essensiële olies werk goed terwyl jy bad, want jy asem ook die olies deur die stoom in wat jou lekker laat ontspan.

Probeer dié heerlike badsout:
Meng twee koppies Engelse sout (Epsom salt) met ’n paar druppels laventelolie in jou badwater vir ’n kalmerende bederf. Die Engelse sout laat jou effe sweet en help jou lyf só om van gifstowwe ontslae te raak, terwyl laventelolie jou rustig maak.

Gesigmasker vir ’n helder vel

‘n Masker is die antwoord om die tekens van spanning op jou gesig te beveg. Dit voed jou vel en help met probleme wat gewoonlik nie in jou daaglikse velsorgroetine aandag kry nie. Dis boonop maklik om tuis te gebruik.

Probeer dié gesigmasker met komkommer, heuning en jogurt: 
Meng ’n halwe komkommer, ’n eetlepel heuning en ’n eetlepel Griekse jogurt in ’n voedselverwerker saam. Wend dit oor jou hele gesig aan en was dit ná sowat 15 minute met louwarm water af. Die komkommer en jogurt bevog, terwyl die heuning anti-inflammatories is en onder meer help om ’n veluitslag te kalmeer.

Skuur jou lyf sysag

’n Ligte lyfafskilfering verwyder dooie selle op die veloppervlak. Jou lyf lyk daarom glad en gesond met ’n natuurlike glans. Dit stimuleer jou limfstelsel en help sodoende om die voorkoms van selluliet te verminder omdat hierdie stelsel afvalstowwe dreineer. Dit help ook dat die produkte wat jy daarna aanwend beter absorbeer.

Probeer dié geurige lyfskrop:
Meng ’n kwart koppie suiker met ’n kwart koppie olyfolie vir ’n natuurlike lyfskrop wat dooie selle verwyder terwyl dit jou vel ’n voginspuiting gee. Voeg ’n essensiële olie of selfs ’n paar druppels vars lemoensap by om dit ’n lekker geur te gee!

Skilfer só van kop tot toon af Uit: SARIE April 2014

Heelwat nuwe spa-produkte word spesifiek so ontwerp dat jy jou spa-behandeling tuis kan geniet!

The Body Shop Spa of the World Egyptian Milk & Honey Bath (R260)

Gooi dié fyn poeier in jou badwater vir ’n ontspannende badsessie.

Dermalogica Charcoal Rescue Masque (R790)

Houtskool in dié masker trek oortollige sebum en onsuiwerhede vanuit jou vel.

Clinique Deep Comfort Body Oil (R315)

Smeer dié lyfolie aan nadat jy gebad het vir ’n intens bevogte vel.

Sorbet Spa Escape Renew Salt Polisher (R45)

Fyn korreltjies in dié lyfskrop bevorder bloedvloei en sorg vir ’n gladde vel.

Dove Gentle Exfoliating Nourishing Body Wash (R30)

Skilfer sommer jou lyf af terwyl jy jou vel reinig met dié nuwe lyfwas.

Smile—it’s Friday! #TGIF #Beauty #Lipstick

A photo posted by Clinique (@clinique) on

Lees nou

72 nuwe emoji’s nou beskikbaar! Sien hulle hiér

Kies só die regte velsorgprodukte vir die man in jou lewe