FOTO Instagram / @diormakeup

FOTO Instagram / @diormakeup

Skoonheidstories

QUIZ: Watter rooi lipstiffie is perfek vir jóú vir Valentynsdag?

Vir sommige van ons is rooi lipstiffie tweede natuur en vir ander dalk net vir ’n spesiale geleentheid. Maar min dinge kan jou bui so lig en jou so selfversekerd laat voel soos ’n rooi lipstiffie. Wanneer ’n vrou rooi lipstiffie aanhet en by ’n vertrek instap, kyk almal na haar. Dis speels. Dit wys jy geniet die lewe. Met Valentynsdag om die draai help ons jou die perfekte rooi skakering vir jóú persoonlikheid kies.

Pas ’n klassieke helderrooi, vars oranjerooi, sexy kersierooi of avontuurlustige dieprooi jou die beste? Doen dié vraelys en vind uit!

1. Wat is jou gunsteling- romantiese fliek?

  • Love Actually
    Love Actually
  • The Notebook
    The Notebook
  • Dirty Dancing
    Dirty Dancing
  • Crazy, Stupid, Love
    Crazy, Stupid, Love

2. Hoe vier jy en jou beste vriendinne ’n spesiale geleentheid?

  • ’n Groot inkopiedag waar ons onsself bederf
    ’n Groot inkopiedag waar ons onsself bederf
  • Pizza en wyn by iemand se huis
    Pizza en wyn by iemand se huis
  • ’n Aand uit by ’n restaurant met baie sjampanje
    ’n Aand uit by ’n restaurant met baie sjampanje
  • Ontbyt by ons gunsteling-eetplek
    Ontbyt by ons gunsteling-eetplek

3. Jy’t pas by die huis aangekom ná werk, en al wat jy wil hê is …

  • Wyn en kaas
    Wyn en kaas
  • ’n Ontspannende borrelbad
    ’n Ontspannende borrelbad
  • Dit hang af hoe my dag was
    Dit hang af hoe my dag was
  • ’n Avontuur
    ’n Avontuur

4. Jou staatmaker-skoonheidsproduk is …

  • ’n Verleidelike parfuum
    ’n Verleidelike parfuum
  • Maskara
    Maskara
  • ’n Rooi lipstiffie
    ’n Rooi lipstiffie
  • Vloeibare oogomlyner
    Vloeibare oogomlyner

5. Wat is jou perfekte Valentynsdag-‘date’?

  • ’n Aand uit
    ’n Aand uit
  • ’n Knus piekniek
    ’n Knus piekniek
  • ’n Romantiese ete by ’n restaurant
    ’n Romantiese ete by ’n restaurant
  • ’n Kersligete tuis
    ’n Kersligete tuis

6. As jy jou eie Valentyn was, wat sou jy vir jouself koop?

  • ’n Bos blomme
    ’n Bos blomme
  • ’n Goeie boek
    ’n Goeie boek
  • ’n Sexy parfuum
    ’n Sexy parfuum
  • ’n Boks sjokolade
    ’n Boks sjokolade

Jou resultaat!

Jou perfekte rooi? ’n Klassieke helderrooi! Dit simboliseer liefde, passie en opwinding. Jy sal bemagtig, avontuurlustig en begeerlik voel terwyl jy vir die wêreld wys jy’s selfversekerd. Lees hieronder meer oor jou klassieke helderrooi lipstiffie.
Begin van voor?

Jou resultaat!

Jou perfekte rooi? ’n Sexy kersierooi! Dit simboliseer geluk en positiwiteit en is ook romanties. Lees hieronder meer oor jou sexy kersierooi lipstiffie.
Begin van voor?

Jou resultaat!

Jou perfekte rooi? ’n Vars oranjerooi! Dit simboliseer vreugde en kreatiwiteit en is die perfekte skakering vir die dag en somer. Lees hieronder meer oor jou vars oranjerooi lipstiffie.
Begin van voor?

Jou resultaat!

Jou perfekte rooi? ’n Waaghalsige dieprooi! Dié kleur is tans ’n reuse-trend in die skoonheidswêreld. Dit simboliseer spiritualiteit en waardigheid. Lees hieronder meer oor jou waaghalsige dieprooi lipstiffie.
Begin van voor?

 

Klassieke helderrooi

’n Klassieke helderrooi bly ’n staatmaker, want dit het ’n neutrale ondertoon wat pas by enige veltoon. Dit simboliseer liefde, passie en opwinding. Jy sal bemagtig, avontuurlustig en begeerlik voel terwyl jy ook vir die wêreld wys jy’s selfversekerd. Daar is nie ’n geleentheid waar dié kleur nie gepas is nie. Dra dit in die dag en aand, somer en winter.

Skoonheid lippe_1200x627_2

Probeer: Elizabeth Arden Beautiful Color Moisturizing Lipstick in Red Door Red (R275), Givenchy Le Rouge Givenchy in Rose Dressing (R610, by uitsoektakke van Edgars en Red Square) of Revlon Ultra HD Lipstick in Poinsettia (R165)

Sexy kersierooi

Dié helderder rooi skakering het ’n koel, blou ondertoon. Dit simboliseer geluk en positiwiteit en is ook romanties.

Wenk: As jy nie van intense kleur op jou lippe hou nie, kan jy die lipstiffie liggies oor jou lippe vee en dit van die middel na buite met ’n lipborsel of met jou vinger inskakeer vir ’n natuurliker voorkoms.

Skoonheid lippe_1200x6273

Probeer: Dior Rouge Dior Satin Finish in Plaza (R595, by uitsoektakke van Edgars en Red Square), Wet n Wild Silk Finish Lipstick in Cherry Frost (R43, by Clicks) of Maybelline Color Sensation Lipstick in Pleasure Me Red (R108)

Vars oranjerooi

’n Rooi lipstiffie met ’n effense oranje ondertoon laat jou jeugdig en vars lyk. Dit simboliseer vreugde en kreatiwiteit en komplementeer veral blou en groen oë uitstekend. Dit is ook die perfekte skakering vir die dag en die somer.

Skoonheid lippe_1200x6274

Probeer: Estée Lauder Pure Color Envy Hi-Lustre Light Sculpting Lipstick in Hot Chills (R410), M.A.C Lipstick in Chili (R240) of Max Factor Colour Intensifying Balm in Luscious Red (R110, by Clicks)

Avontuurlustige dieprooi

Dié kleur is tans ’n reuse-trend in die skoonheidswêreld. Dit simboliseer spiritualiteit en waardigheid. Om die kleur modern te laat vertoon moet jy die res van jou grimering baie eenvoudig hou.

Wenk: As jy hierdie skakering dra, kies ’n lipstiffie met ’n mat-afwerking. Dit het houkrag en smeer nie maklik nie.

Skoonheid lippe_1200x627

Probeer: Smashbox Be Legendary Lipstick in Screen Queen (R280), NYX Extra Creamy Round Lipstick in Bruised (R100, by Clicks) of Essence Matt Lipstick in Purple Power (R50)

KLIK OP DIE FACEBOOK-KNOPPIE HIERONDER OM JOU ANTWOORD MET JOU VRIENDE TE DEEL

Lees nou

Angelique Gerber Potgieter se gesondwees-geheim

Bekendes se nuwe hare