FOTO PhotoAlto / Jana Hernette / Getty Images / Gallo Images

FOTO PhotoAlto / Jana Hernette / Getty Images / Gallo Images

Skoonheidstories

Raad vir sagte voete dié somer

Beste voetjie

Goed versorgde voete gee jou selfvertroue ’n hupstoot. Boonop is mooi voete en toonnaels makliker as wat jy dink.

Sandaal-seisoen het aangebreek, en dít beteken al die aandag is op jou voete. Omdat jou voete jou lyf se fondasie is, werk dit daagliks hard en verdien om versorg en vertroetel te word, veral in die somer wanneer dit meer aan omgewingsfaktore blootgestel word. Die geheim van mooi, gesonde voete lê in die vel wat sag en soepel lyk, sê Anwin Marlow, bestuurder van die internasionale voetheelkundige Bastien Gonzalez se salon by die One&Only-hotel in Kaapstad. Gelukkig hoef ’n basiese voetsorgroetine nie baie moeite te verg nie.

Vir voete wat die hele somer lank mooi lyk, moet jy dit deurlopend goed versorg. Hakke is nou geneig om droër te wees. Smeer elke aand ’n ryk vogroom aan voordat jy gaan slaap, stel Anwin voor. “As jy dit ’n gewoonte maak, sal jy binne drie weke ’n verbetering sien.”

Skilfer jou voete ook een tot twee keer ’n week met ’n voetskrop af nadat jy dit deeglik gewas het, veral as jy gereeld oefen of toe skoene dra. Só raak jy ontslae van enige dooie selle en onsuiwerhede wat kan lei tot bakteriële infeksies. Wend daarna vir 10 tot 20 minute ’n voetmasker aan. Kies ’n masker vir jou spesifieke behoeftes, soos een vir droë voete of een vir moeë spiere.

Kyk uit vir voetmaskers met bestanddele soos argan- en peper- ment-olie. Arganolie bevogtig, terwyl peperment ’n verfrissende uitwerking het.

Lees in jou November-uitgawe van SARIE

  • Superkos vir jou naels
  • Hoe gemaak met droë voete?
  • Kleur-inspirasie vir jou tone
  • Nuwe skoonheidsprodukte op die mark
  • Volume! Van hare to wimpers, lippe tot wange en oë

sarie november sandra prinsloo tinarie van wyk loots nov sarie voorblad