Skoonheidstories

Só helder jy jou vel in ’n kits weer op!

Dis Maandag en jy’s gereed om ’n nuwe week in die oë te staar! Maar jou vaal en moeë gelaat vertel ’n ander storie … ’n Mooi, gesonde vel kom nie oornag nie, maar soms, veral ná ’n propvol naweek van bedrywighede, onthaal en kuier, is ’n kitsoplossing nodig.

Hiér is ’n maklike aksieplan om jou vel in ’n kits weer op te helder:

Practicing our Monday game face on Sunday with #LipstickEnvy in Insatiable Ivory #KJ4EL

A photo posted by Estée Lauder (@esteelauder) on

 

Stap 1: Voed jou vel van binne

Drink ’n groot glas water of ’n drankie wat hope antioksidante bevat, soos klapperwater of ’n groensap.

Stap 2: Volg ’n super-roetine

• Begin deur jou vel te reinig en dan liggies af te skilfer. Dooie selletjies op jou veloppervlak laat jou vel vaal en leweloos lyk.

• As jou vel baie droog of gedehidreerd is, gee dit ’n voginspuiting deur ’n bevogtigende masker te gebruik ná afskilfering.

• Wend dan jou vogroom aan.

WENK: Kyk uit vir velsorgbestanddele wat ’n verhelderende effek op jou vel het, soos vitamien C en B3 en kafeïen.

Stap 3: Verbloem ’n vaal en moeë gelaat met slim grimeer-truuks

• Gebruik ’n basislaag of verbloemer met ’n pienk kleur om jou gelaat op te helder vir ’n vars, gesonde voorkoms.

• Gee jou vel ’n douerige afwerking met ’n getinte vogroom of BB-room.

• Gebruik ’n gesigolie as verligter deur ’n klein bietjie liggies op jou wangbene en in die binnehoeke van jou oë te tik.

Stap 4: Wees aktief (nét vir 3 minute)!

Gaan vir ’n vinnige stapsessie om die bloedsirkulasie in jou liggaam te bevorder. Dit help om jou vel weer ’n gesonde gloed te gee. Net drie minute se aktief-wees is nodig.

Probeer dié staatmaker-produkte:

Vita Coco Coconut Water (R25)

Klapperwater bevat onder meer omega 3- en 6-vetsure, vitamien E en antioksidante.

Neutrogena Visibly Clear Pink Grapefruit Daily Scrub (R100)

Dié afskilferaar kan jy sommer daagliks gebruik.

Bobbi Brown Skin Nourish Mask (R800)

Kry jou vel in topkondisie met dié masker wat ’n droë vel takel.

Bioderma Hydrabio Smoothing Moisturising Care Radiance Booster SPF 30 (R320)

Dié vogroom bevat ’n ligte pienk tint om jou vel te verhelder.

Max Factor Colour Corrector Stick The Balancer in Light (R230)

Dié CC-potlood is ook perfek om in jou handsak te dra vir noodgevalle. By Clicks

Estée Lauder Double Wear All-Day Glow BB Moisture Makeup (R525)

Dié BB-room skep ’n douerige afwerking en lyk heeldag vars.

Lipidol Sunscreen Oil SPF 20 (R80)

Buiten die bietjie glans wat dié gesigolie op jou vel skep, vul dit ook jou vel se lipiedlaag aan wat jou velwand versterk. By Clicks

 

Bronne: www.allure.com

Lees nou

Behati en Adam se dogtertjie is hier!

Dís in Kate Middleton se handsak…