FOTO: Leana Clunies-Ross
Skoonheidstories

Reinigingswater vir ’n sensitiewe vel

Misel-water (micellar water) is ’n soort grimeerverwyderaar wat meestal agter die skerms by internasionale modevertonings gebruik word. Nou is dié reinigingswater vinnig besig om baie gewild te raak omdat dit jou toelaat om grimering en onsuiwerhede op jou vel in ’n kits te verwyder sonder dat jy jou gesig hoef af te spoel, volgens die velsorghuis Filorga.

Wat is misel-water? Dit is ’n unieke reinigingsformule wat bestaan uit klein olie-molekules, genaamd miselle, wat in water voorkom. Grimering en onsuiwerhede op jou vel klou aan dié olie-molekules sodra jy die formule op jou vel gebruik.

10 Beste reinigers vir droë vel – lees meer!

Hoewel die wetenskap eenvoudig klink, hou misel-water ’n magdom voordele vir jou vel in. “Misel-water is ’n uitstekende manier om jou vel te reinig omdat dit olie en onsuiwerhede sagkens verwyder sónder om jou vel van vog te stroop,” sê dr. Riekie Smit, plaaslike mediese raadgewer vir Filorga. Dis maklik om aan te wend en kan vinnig met watte afgevee word. Omdat dit nie nodig is om jou gesig met water af te spoel nie, is dit veral ideaal as jy ’n sensitiewe vel het.

Ons toets: Bioderma-reiniger

Hiér is ons gunsteling-reinigers van misel-water:

Filorga Micellar Solution (R360): ’n Reinigingswater wat perfek is vir ’n ouer vel. Die formule bevat ’n plant-ekstrakvorm van ramnose (’n doringagtige struik) wat die vernuwing van velselle bevorder. By uitsoekwinkels van Edgars.

Filorga Micellar Solution (R360)

Filorga Micellar Solution (R360)

Bioderma Sensibio H2O Cleanser (R190): Dié misel-water is Bioderma se topverkoper-produk. Die formule is seepvry en behou die vel se natuurlike pH-balans.

Bioderma Sensibio H2O Cleanser (R190)

Bioderma Sensibio H2O Cleanser (R190)

Lancôme Eau Fraîche Douceur Micellar Cleansing Water Face, Eyes, Lips (R367): ’n Sagte formule maak hierdie reinigingswater geskik vir jou gesig, oë en lippe en is geformuleer om toksienes van jou vel te verwyder. By uitsoekwinkels van Edgars en Stuttafords.

Lancôme Eau Fraîche Douceur Micellar Cleansing Water Face, Eyes, Lips (R367)

Lancôme Eau Fraîche Douceur Micellar Cleansing Water Face, Eyes, Lips (R367)

Yves Saint Laurent Top Secrets Toning And Cleansing Micellar Water (R498): Dié reinigingswater is perfek as jy soms nie baie tyd het nie. Die formule verwyder ligte grimering vinnig en maklik, terwyl dit ook as verfrisser dien. By uitsoekwinkels van Edgars en Stuttafords.

Yves Saint Laurent Top Secrets Toning And Cleansing Micellar Water (R498)

Yves Saint Laurent Top Secrets Toning And Cleansing Micellar Water (R498)

Nuxe Melting Cleansing Gel (R165): Roosblaar-ekstrak in dié reinigingsformule streel sensitiewe vel en voorkom rooiheid. By uitsoekwinkels van Truworths.

Nuxe Melting Cleansing Gel (R165)

Nuxe Melting Cleansing Gel (R165)

Lees meer oor velsorgwenke vir ’n sensitiewe vel