sr0910skoonheid06
Skoonheidstories

Rooi oor die eeue

1 eeu v.C.
Cleopatra
gebruik glo kewerdop-ekstrakte omhaar lippe rooi te kleur. Die gebruik van rooi is ook vir ’n tyd lank verban omdat dit glo towerkrag besit het . . .

 

6 eeue n.C.
Rooi lippe word die kenmerk van Spaanse prostitute.

 

1700’s
Geisjas
in Japan verf hul gesig wit en hul lippe rooi as uiterlike teken van skoonheid.


1800’s
Koningin Victoria
was not amused en verbied rooi lippe.

 

1920’s
Bevryde vroue dra rooi lipstiffie as simbool van hul reg om gehoor te word. Dit word ’n sosiale  noodsaaklikheid.

 

1930’s
Die aktrise Mae West se rooi lippe verkry ikoniese status toe Salvador Dali sy surrealistiese kunswerk-bank “Mae West Sofa Lips” noem.

 

1950’s

Silwerdoeksterre soos Marilyn Monroe en Elizabeth Taylor gee rooi lippe universele aanhang.