FOTO: Shanna Jones

FOTO: Shanna Jones

Skoonheidstories

Hare allesbehalwe vervelig! Kyk net vir aktrises Leandie en Rolanda

Of jy kort, middellengte of lang hare het – jy hoef nie elke dag jou hare op dieselfde manier te dra nie. Kyk maar net na dié plaaslike bekendes wat daarvan hou om gereeld met hul haarstyle te eksperimenteer.

5 splinternuwe maskaras waaroor ons mal is!

Eksperimenteer met jou kort hare

Aktrise Rolanda Marais moes verlede jaar haar hare blond kleur en kort sny vir ’n filmrol, en toe moes sy aan die begin van dié jaar weer ’n brunet word vir haar televisierol in die SABC3-dramareeks High Rollers. Ons is mal oor haar kort pixie-haarstyl. Sy weet beslis hoe om dié styl interessant en vars te hou.

Hiér is haar Linda Evangelista-styl netjies uitgeblaas.

FOTO: Phyllis Green

FOTO: Phyllis Green

Vir ’n aandvoorkoms wat meer gewaagd lyk, het sy haar hare tekstuur gegee en haar kuif rofweg uit haar gesig na regs gekam.

As jy nie lus is om baie stileerwerk aan jou hare te doen nie, is ’n stylvolle serp of kopband die perfekte oplossing.

Nothing like a mooi kopdoek for a bad hairday #silk #scarf @eyewearboutique A photo posted by Rolanda (@rolandamarais) on

Vir haar troue het Rolanda haar hare elegant dog modern gestileer. Wend ’n stileringsproduk wat tekstuur gee aan jou hare en stileer dit sodat dit effens stringerig (piece-y) lyk. Rond dit af met ’n haarbykomstigheid soos ’n blink haarknip of insteek-blom.

FOTO: Shanna Jones

FOTO: Shanna Jones

Is Cruz Beckham die nuwe Justin Bieber?

Eksperimenteer met jou lang hare

Aktrise Leandie du Randt het maar net laasweek ook vir ’n filmrol haar kenmerkende lang lokke verruil vir ’n kort bob-haarstyl. Maar met haar lang blonde hare het dié Binnelanders-ster ons gewys dat jy soveel meer met lang hare kan doen as om dit in ’n poniestert vas te maak of net los te laat hang.

Vir ’n gemaklike voorkoms maak sy net die boonste helfte van haar hare vas in ’n bolla en laat die res sag en golwend hang. Wend ’n stileringsproduk wat ’n strandtekstuur skep aan net nadat jy jou hare gewas en afgedroog het.

My mede feeskat @theolabooyens @lushfestival2016

A photo posted by Leandie du Randt (@leandiedurandt) on

Met ’n stylvolle blommekroon lyk Leandie hiér feestelik en boheems.

Vir ’n meer formele geleentheid stileer sy haar hare in ’n hoë knoop-bolla. Hiér wys ons jou presies hoe om dié haarstyl te skep. Jy het hope haarsproei nodig.

Thank you @suzaanheyns @suzaanheynsstudio for my lovely gown for the @saftas10 #suzaanheyns #safta @enews

A photo posted by Leandie du Randt (@leandiedurandt) on

Op haar troudag het Leandie weer blomme as ’n haarbykomstigheid gekies, dié keer saam met ’n lae kant-poniestert. Dit lyk vroulik en elegant en is maklik om self ook te skep. Skep met ’n haaryster ’n paar sagte krulle in jou hare en maak dit rofweg in jou nek vas sodat die poniestert oor jou skouer hang. Steek die haarrekkie weg met ’n paar vars blomme uit die tuin.

My #tbt vandag gaan aan my droom TROUROK deur die talentvolle @kobusrautenbach Daar is nog kiekies op my facebook blad A photo posted by Leandie du Randt (@leandiedurandt) on

As jy lus is vir ’n meer gewaagde styl, vleg soos Leandie ’n fyn Franse vlegsel op die bokant van jou kop en laat die res van jou hare loshang.

Ready steady go!!! #mumfordandsons @bouwerbosch @instameneer @mumfordandsons #LaerskoolMakwassie

A photo posted by Leandie du Randt (@leandiedurandt) on

 

Eksperimenteer met kleur

Wanneer dit kom by haarkleur en -styl is daar niks wat die SA sanger Tamara Dey afskrik nie. Sy is bekend vir haar helder oranje-rooi hare wat altyd op ’n interessante manier gestileer is.

#aboutlastnight #discofever #TheFlamingoEffect A photo posted by tamaradey (@tamaradey) on

 

#throwback #sastyleawards2015

A photo posted by tamaradey (@tamaradey) on

 

 

Pic by @graziasamag @kfcsouthafrica #getitpopping

A photo posted by tamaradey (@tamaradey) on

 

Zika-virus veroorsaak toe wél klein skedels – lees meer!