FOTO Instagram / @angeliquegerber83

FOTO Instagram / @angeliquegerber83

Skoonheidstories

Angelique Gerber se geheim

Die aktrise en TV-aanbieder Angelique Gerber het skaars drie maande gelede die lewe geskenk aan haar en haar rugbyspeler-man, Jacques Potgieter, se eersteling. En sy lyk mooier as ooit! Hoe kry sy dit reg? Ons het onlangs vinnig met Angelique gesels om uit te vind wat haar gesondwees- en goedvoel-geheim is.

Loves of my life

A photo posted by Angelique Potgieter (@angeliquegerber83) on

Angelique vertel sy volg die afgelope sowat ’n jaar ’n organiese, veganistiese leefstyl. Dit beteken sy eet net plantgebaseerde kosse en sluit alle diereprodukte of produkte met dierebestanddele uit.

“Ek het nog nooit so goed gevoel nie,” sê Angelique. “Ek is mal oor die verskeidenheid van vrugte, groente en sade wat ek kan eet, en die lekkerste van alles is ek kan stysel eet! Ek eet soveel stysel soos ek wil en tel nie kilogramme op nie.”  

In ’n video op haar YouTube-kanaal vertel Angelique dat sy vir ontbyt en middagete hoofsaaklik rou groente en vrugte saam met byvoorbeeld hawermout of ryskoekies eet. Vir aandete maak sy graag ’n gekookte ete soos pasta met hope groente, vegetariese kerrie met rys of vegetariese burgers vir haar en Jacques.

En wanneer dit kom by skoonheid, volg sy sover moontlik dié reël: As jy dit nie wil eet nie, moenie dit op jou vel gebruik nie. “Daarom is ek mal oor klapperolie! Ek meng dit graag met ’n vogroom uit die organiese produktereeks Lush en gebruik dit daagliks op my gesig.” Dit help om haar droë vel goed te bevog en soepel te hou.

Lees nou

Hiér moet jy jou parfuum spuit vir dit om lank te hou

Elma Smit blog vir SARIE – lees dit hiér!