DOVE
Skoonheidstories

SA vroue deel van Dove-veldtog

Die Dove Real Beauty-veldtog maak wêreldwyd opslae, veral met die veldtog se nuutste TV-advertensies wat tans uitgesaai word. Ook op eie bodem maak dié advertensie opslae, met SA vroue wat daarin te sien is!

Sowat 54% van vroue oor die hele wêreld is glo hulle eie grootste kritici wanneer dit by hul skoonheid kom. Dit is die bevinding van ’n studie wat Dove in 20 lande gedoen het. Dié navorsing toon verder dat net 4% van die wêreld se vroue hulself as mooi beskou. Tog erken 80% van die vroue dat elke vrou op haar eie manier mooi is én sien hulle die skoonheid in ander raak!

Meer oor die eerste Dove-advertensie wat ons dié jaar laat praat het

Om vroue bewus te maak van hul persoonlike skoonheid, hul selfbeeld te verbeter en hulle te help om hul volle potensiaal raak te sien, het Dove nou weer twee advertensies wat tot die hart van elke vrou spreek. Die een advertensie vra wat jou gunsteling-deel van jou lyf is, en daarna wat jou gunsteling-deel van jou vriendin s’n is. Die ander advertensie vra jou van watter deel van jou lyf jy die minste hou.

Raai met watter antwoord sukkel vroue meer… Kyk hier na die twee advertensies!

Is jy vandag meer foto-skaam as toe jy ’n kind was?