FOTO Instagram (@kimkardashian)

FOTO Instagram (@kimkardashian)

Skoonheidstories

Hoe werk Kim K se vampire facial?

Sal jy dít probeer?

In ’n wêreld waar ons smag na onmiddellike bevrediging is dit geen verrassing dat estetiese behandelings in die skoonheidswêreld toeneem nie. En deesdae is daar soveel opsies om jou voorkoms in ’n kits dramaties te verander. Selfs iets so vreemd soos ’n vampier-gesigbehandeling …

Dié tipe behandeling gaan vorentoe net al gewilder word, het dr. Anushka Reddy, ’n estetiese dokter van Johannesburg, verlede week by ’n media-geleentheid voorspel. Sy het die grootste tendense in dié florerende bedryf gedeel, en een van die gewildstes is die sogenaamde vampier-gesigbehandeling. Die werklikheidster Kim Kardashian het dit ’n tyd gelede bekend gemaak.

Onthou jy nog dié foto wat Kim K op Instagram gedeel het nadat sy die vampire facial gekry het?

Tonight on Kourtney & Kim Take Miami!!! #VampireFacial #kktm

A photo posted by Kim Kardashian West (@kimkardashian) on

Só werk dit:

Eers word jou bloed getrek en dan vinnig in ’n toestel gespin om die geel bloedplaatjieryke plasma van die res van die bloed te skei. Tydens die behandeling word dié plasma op jou gesig gesmeer. Die terapeut trek dan ’n spesiale pen met fyn naaldjies oor jou vel om die plasma in die vel te druk (’n verdowingsroom word vooraf aan jou gesig gesmeer sodat die behandeling nie pynlik is nie).

Die plasma help om kollageen en elastien aan te wakker vir ’n jonger vel. Die terapeut sal jou vel ondersoek en bepaal hoeveel behandelings jy nodig het. Die eindresultaat hou sowat 18 maande, sê dr. Reddy. Maar moenie bang wees nie, dit is glad nie so seer soos wat dit lyk nie!

Hier is van die ander estetiese tendense wat ook in 2017 behoort vlam te vat, volgens dr. Reddy:

1. Opgeplompte lippe

Jy kan werklikheidster Kylie Jenner bedank vir die groter aanvraag na voller lippe. Deesdae is spesiale vullers beskikbaar wat spesifiek vir die lipgedeelte ontwikkel is.

2. Vaginale verjonging (vaginal rejuvenation)

’n Masjien wat help om jou vagina met behulp van radiofrekwensie te verferm, BTL Intima, is onlangs deur die Amerikaanse voedsel-en-medisyne-administrasie (FDA) goedgekeur en trek al hoe meer aandag. Dié behandeling is ook in SA beskikbaar.

3. Mans én millennials sê ook ja!

Al hoe meer mans wil ook nou jonger en varser lyk. Hulle beproef veral botox (’n stof wat in die gesig gespuit word om spiere tydelik te verswak en plooie en lyntjies te versag) en vullers (dit word in jou vel gespuit om lyne en plooie te plomp en volume te herstel). En jong mense is glad nie bang vir plastiese chirurgie nie. Hulle verteenwoordig sowat 20% van hierdie gemeenskap, vermoedelik weens die celeb-kultuur. En dié syfer behoort aan te hou groei.

*Alle behandelings is beskikbaar by uitsoek- estetiese salonne.

Wat dink jý?

Sal jy gaan vir ’n estetiese behandeling?

  • JA
  • NEE

 

Lees nou

Kate Middleton se haarstileerder verklap…

Die mooiste model-trourokke