sr1209_skoonheidnou_1_
Skoonheidstories

SARIE-EKSKLUSIEF: In Kate Hudson se mooimaaksakkie

Ek is ’n regte meisie wanneer dit by grimering kom, ek weet presies waarvan ek hou wanneer iemand my daaroor uitvra!” sê Kate Hudson met die intrapslag. En wanneer die groenoog-aktrise begin lag, is dit dadelik duidelik hoekom sy die natuurlike keuse vir die skoonheidshuis Almay was: Sy’t daardie X-faktor wat jou aantrek en jy besef dat sy wérklik die borrelende skoonheid is wat ons in flieks soos Almost Famous en How to Lose a Guy in 10 Days leer ken het.

Jy’s tuis in die glanswêreld, watter trend 
het jy onlangs op die rooi tapyt gesien 
waarvan jy hou?

Vroue wat nié die nuutste tendense volg nie, trek my aandag. Ek sien 
mense raak wat getrou aan hul eie 
styl is. Hulle lyk vir my wonderlik omdat hulle dra wat hulle wil. Ek het onlangs vir Charlize Theron in Washington by die White House Correspondent’s Dinner gesien en sy het só mooi gelyk. Elke keer wat ek haar sien, is sy elegant en sjiek. Sy is altyd konsekwent stylvol en dís wat my aandag trek, eerder as ’n trend.

Wat is skoonheid vir 
jou en wanneer voel jy op jou mooiste?

Dit hang af hoe jy dit benader. Die maklike antwoord is om grimering te dra, na jouself om te sien, pret te hê en jou vroulikheid te vier. Maar daar is soveel ander, dieper dinge wat vir my mooi is. Ek ervaar skoonheid wanneer 
ek heeltemal kalm voel en vrede het. Mense wat deernis toon, is vir my móói. En vurige, sterk vroue is vir my pragtig. Wanneer ek saam met my kinders is en tyd saam met my familie geniet 
en sien hulle is gelukkig, voel ék op my mooiste.   

Wat doen jy as jy vinnig mooi wil lyk?

Elke vrou het unieke gelaatstrekke wat haar mooi maak. Vir my is dit my oë, so oogomlyner en maskara laat my dadelik mooi voel. As ek pragtige Scarlett Johansson-lippe gehad het, sou ek dít wou beklemtoon.

Waarna soek jy 
in grimering?

Ek soek ’n produk wat ek maklik kan aanwend, en in die regte kleure. Ek reis byvoorbeeld met nét my Almay Intense i-Color Smoky-i Kit for Greens, ’n 
oogskadu-palet met 3 kleure.

Kleur vir oë is ’n groot trend. Wat werk vir jou?

Dis hoekom ek so mal is oor Almay. Hulle het oogskadu-palette ontwerp met vleiende kleure vir elke oogkleur. Ek het groen oë en die beste skakerings vir my is groen en donkerpers. Maar ek is nie skaam vir oogskadu 
nie, so ek sal by tye nie skroom om 
’n helder blou te dra nie.

Watter oogskadu-
tekstuur verkies jy, 
en hoekom?

In die dag hou ek van romerige, smeerbare oogskadu. Ek kan die oggend 
opstaan, nét dit aansit en reg wees 
vir die dag. Saans is ek mal oor blink oogskadu wat in die lig glinster!  

In Kate se 
grimeersakkie

Almay-produkte in Kate se grimeersakkie

1. Almay Intense i-Color With Light Interplay Technology Mascara in Chocolate Quartz for Green Eyes (R135) – 
minerale wat lig weerkaats, laat haar wimpers vol lyk.

2. Definisie vir Kate se oë met Almay Intense i-Color With Light Interplay Technology Kohl Liner (R130) in Rich Mocha for Green Eyes

3. Kate se groen oë is haar gunsteling-gelaatstrek en kom tot hul reg met Almay Intense 
i-Color Smoky-i Kit for Greens (R165) – 
ideaal vir sensitiewe oë.

7 KITSFEITE OOR KATE

* Haar ouers is die aktrise Goldie Hawn (bekend vir haar rolle in flieks soos Death Becomes Her, The First Wives 
Club en The Banger Sisters) en die musikant en komediant Bill Hudson.

* Sy speel kitaar en klavier én sy kan vlot Frans praat.

* Haar deurbraak as aktrise het gekom toe sy ’n Golden Globe-toekenning vir haar rol in die fliek Almost Famous gewen het. Volgende jaar sien ons haar weer op die silwerdoek in ’n nuwe rillerprent, The Reluctant Fundamentalist, waarin sy die hoofrol speel teenoor Kiefer Sutherland.

* In 2008 was sy nommer een op die Amerikaanse tydskrif People se jaarlikse lys van die 100 mooiste mense.

* Hoewel hy nie haar biologiese pa is nie, beskou Kate die 
akteur en haar ma se lewensmaat, Kurt Russell, as haar pa.

* Sy geniet dit om klere by tweedehandswinkels te koop en maak ook haar eie juwele.

* Sy het twee kinders. Ryder Russell Robinson (8) is haar en eks-man, Chris Robinson, se kind. Sy het ook ’n seun, Bingham Hawn Bellamy (1), by haar verloofde, Matthew Bellamy, die hoofsanger van die groep Muse.