FOTO Getty Images / Gallo Images

FOTO Getty Images / Gallo Images

Skoonheidstories

Grimeerskakerings vir jóú velondertoon

Bekendes soos die realiteitster Kim Kardashian en die Oscar-bekroonde aktrise Alicia Vikander lyk altyd foutloos op die rooi tapyt. Hul geheim? Albei weet dat neutrale aardse skakerings hul vel se natuurlike warm ondertoon komplementeer. Weet jy wat is jóú natuurlike velondertoon? Hiér is vyf maklike maniere om uit te vind. Volg dan die SARIE-gids hieronder om die beste grimeerskakerings vir jou velondertoon te ontdek.

Kliek hiér om eers jou vel se natuurlike ondertoon te bepaal…

As jou vel hoofsaaklik ’n koel ondertoon het, kies. . .

*Onderlaagskakerings met ’n rosige pienk of beige-kleurige basis.

*Oogskadu-skakerings met koel blou ondertone soos juweelpers, gryspers, vloot- en ysblou, akwamaryn en rokerige grys.

*Blosserskakerings in pastel- en roospienk.

*Lipstiffieskakerings in rosige rooi, sagpienk en bessie-purper.

Velondertoon_koelSter-inspirasie: Aktrise Emma Stone

 

As jou vel hoofsaaklik ’n warm ondertoon het, kies. . .

*Onderlaagskakerings met ’n geel of goue basis.

*Oogskadu-skakerings in aardse kleure soos goud, mosgroen, koper, ivoor en vuil-oranje.

*Blosserskakerings in koraal, perske of bruin.

*Lipstiffieskakerings met ’n oranje ondertoon soos koraal, oranje-rooi en vuilbruin.

Velondertoon_warmSter-inspirasie: Aktrise Alicia Vikander

 

As jou vel koel en warm ondertone het. . .  (neutraal)

. . . is jy gelukkig en kan jy byna enige grimeerskakering dra! Beklemtoon dan die kleur van jou oë en hare. Kies skakerings vir ’n koel ondertoon as jy blou of grys oë met swart of blonde hare het, en kies skakerings vir ’n warm ondertoon as jy groen of ligbruin (hazel) oë met bruin of rooi hare het.

*Onderlaagskakerings met ’n neutrale geel basis.

*Oogskadu-skakerings in goudbruin, roosgoud, smarraggroen, donkerpers en room.

*Blosserskakerings in perske of wynrooi.

*Lipstiffieskakerings in bessiepienk en helder-oranje en -rooi.

Velondertoon_neutraal

Ster-inspirasie: Sangeres Selena Gomez

 

Bronne: www.oliveskinbeauty.com, www.cosmopolitan.com

Skrikwekkende denim-uitrustings