Skoonheidstories

Selluliet: ’n Maklike oplossing vir ’n gladder lyf

Byna alle vroue die wêreld oor sukkel met selluliet. Maar het jy geweet daar ís iets wat jy kan doen om die voorkoms daarvan tydelik te verbeter? Al ooit gehoor van dry brushing, of om jou lyf droog te borsel? Ja, dié tegniek kan ’n groot verskil aan jou vel maak as jy dit gereeld doen, sê Sonette Donker, velsorgkenner van die velsorgkliniek Skin ID in Johannesburg.

Selluliet ontstaan wanneer vet onder jou vel saampak en teen jou vel druk. Dit veroorsaak dan ’n lemoenskil-voorkoms, sê dr. Maureen Allem, algemene praktisyn by die velsorgkliniek Skin Renewal.

Hoewel dit onmoontlik is om heeltemal van dié lemoenskil-voorkoms ontslae te raak kan jy die voorkoms daarvan verminder deur ’n holistiese benadering te volg. Jy kan bv. gaan vir gespesialiseerde salonbehandelings, ’n gesonde dieet volg, gereeld oefen, lyfsorgprodukte vir selluliet gebruik of, ons gunsteling, jou lyf droog borsel!

Hoe werk droog borsel?

Wanneer jou limfstelsel gestimuleer word, help dit om afvalstowwe in jou lyf te dreineer. Só kan dit selluliet en waterretensie verminder. Om dié stelsel aan te wakker kan jy daagliks jou lyf met ’n droë lyfborsel of growwe handskoen borsel voordat jy bad of stort. Begin by jou voete en borsel opwaarts omdat jou limf in dié rigting vloei. En net 5 minute per dag is genoeg.

Sellulietprodukte kan ook help om selluliet tydelik beter te laat lyk, soos kafeïen wat jou vel verferm. Masseer, net soos wanneer jy droog borsel, die sellulietproduk in ’n opwaartse rigting om sirkulasie aan te help en om jou limfstelsel te stimuleer.

Probeer dié produkte:

The Body Shop Cactus Bath Brush Long Handled (R190)

Gebruik ’n borsel soos dié om jou lyf droog te borsel

Nivea Firming Good-bye Cellulite Gel-Cream (R110)

Dié room wakker sirkulasie aan en laat jou vel gladder lyk

Clinique Sparkle Skin Body Exfoliator (R420)

Skilfer ook jou lyf 3 tot 4 keer ’n week af met die lyfafskilferaar vir ’n gladde vel

Lipidol Sunscreen Oil (R80)

Hou jou lyf goed bevog en beskerm dit teen die son met dié bekostigbare olie wat jy op jou lyf en gesig kan gebruik. By Clicks

Mio Shrink To Fit Cellulite Smoother (R990)

Buiten kafeïen bevat dié produk ook antioksidante. Besoek www.poisebrands.co.za

 

Sukkel jy met selluliet?

  • JA
  • NEE

 

Lees nou

Nuwe grimeervoorkoms met net 2 produkte

Gewildste skoen op Pinterest