FOTO Unsplash

Skoonheidstories

7 dinge wat jou vel beskadig – kan jy glo!

Ons almal begeer ’n gesonde, glansende vel. Maar tydens die somermaande is daar ’n paar alledaagse dinge en gewoontes wat jou vel baie beskadig sonder dat jy dit eens besef. Pas op vir dié sewe verrassende sondaars …

 

#1 Te veel chloor

Swembadwater bevat gewoonlik chloor wat jou vel kan irriteer en op die lange duur tot ’n jeukerige, droë en growwe vel kan lei. Dis daarom belangrik dat jy jou lyf behoorlik met lyfseep was nadat jy in chloorwater geswem het.

FOTO: Unsplash

FOTO Unsplash

#2 Jou slimfoon se skerm

As jy geneig is om dikwels aknee, verstopte porieë of ’n veluitslag op jou wange te kry, kan jou slimfoon dalk die sondaar wees. Dis omdat die vuilheid en bakterieë op die skerm elke keer dat jy op jou slimfoon praat aan jou vel afsmeer. Hou in die vakansie handlappies byderhand en vryf elke af en toe jou slimfoon-skerm daarmee skoon.

#3 Haarprodukte wat op jou vel beland

Gebruik jy daagliks haarstileringsprodukte? Haarprodukte wat op jou vel beland, is geneig om verstopte porieë op jou voorkop en al langs jou haarlyn te veroorsaak. Dit kan ook gebeur as jy jou sjampoe of opknapper nie behoorlik uitspoel nie. Hou altyd jou hand of ’n handdoek oor jou gesig wanneer jy haarstileringsprodukte aanspuit.

#4 ’n Vuil sonbril

Nes jou slimfoon-skerm kan vuilheid, sweet en bakterieë op jou sonbril verstopte porieë op die brug en weerskante van jou neus veroorsaak. Maak jou sonbril gereeld skoon met ’n sagte lappie.

#5 Oë wat gedurig toegeknyp word

As jy jou oë gedurig toeknyp omdat die lig te skerp, is bespoedig dit die vorming van fyn lyntjies en plooie rondom jou oë. Belê in ’n goeiegehalte-sonbril om jou oë en die dun, sensitiewe vel rondom hulle te beskerm. Lees hiér meer oor oog-gesondheid.

FOTO: Unsplash

FOTO Unsplash

#6 Te veel afskilfering

Afskilfering is goed om van dooie selle ontslae te raak, maar as jy dit oordoen, beskadig jy jou velwand en stroop jy jou vel van sy natuurlike olies. Moenie meer as twee keer ’n week afskilfer nie.

#7 Te veel lugversorging

Te veel lugversorging (of selfs die langdurige gebruik van ’n waaier) in jou huis of motor skep ’n droë omgewing wat veroorsaak dat vog makliker uit jou vel verdamp. Jou vel voel dan styf en droog en is dikwels vaal en rooi weens inflammasie. Hou dié vakansie ’n gesigsproei in jou handsak en spuit dit deur die dag oor jou gesig om jou vel te verfris en bevog.

FOTO: Unsplash

FOTO Unsplash

 

Bronne: www.goodhousekeeping.com, www.refinery29.com

Lees nou

Selluliet: Probeer dié maklike oplossing

Kook met kondensmelk