Skoonheidstories

Skoon drinkwater danksy Armani

Jy kan bydra deur een van Giorgio Armani se nuwe parfuums, Acqua di Gioia Essenza (R819 vir 50ml) en Acqua di Giò Essenza vir mans (R919 vir 75ml), óf die oorspronklike Acqua di Gioia en Acqua di Giò geure, tussen 22 Maart en 30 April 2013 te koop.

Elke keer wat ’n bottel van dié parfuums verkoop word, word 100 liter se skoon drinkwater aan gemeenskappe (dié jaar in Ghana en Bolivië) geskenk. Kyk uit vir die Blue Movement-plakker op elke bottel.

Armani en Pantone het selfs dié jaar kragte saamgespan om ’n spesiale skakering van blou vir die veldtog se logo te ontwerp!

* Besoek ook Acqua for Life se Facebook-blad by www.facebook.com/acquaforlife om te sien hoe jy verder tot die projek kan bydra.