Skoonheidstories

Skoonheid ♥ borskankerbewustheid – só kan jy ook help!

Oktober is Borskankerbewustheid-maand! Ter ondersteuning is die Nelson Mandela-brug in Johannesburg vandeesmaand in pienk verlig, saam met bekende bakens wêreldwyd soos die Eiffeltoring in Parys en die Empire State-gebou in New York, as deel van die Estée Lauder-groep se Breast Cancer Awareness-veldtog.

Dra dié maand ook jou pienk strikkie met trots en doen jou deel vir borskanker met dié skoonheidsveldtogte:

Estée Lauder ♥ Breast Cancer Awareness

As deel van die Estée Lauder-groep se Breast Cancer Awareness-veldtog spog die herstelserum Estée Lauder Advanced Night Repair Synchronized Recovery Complex II (R1 055 vir 50 ml) dié Borskankerbewustheid-maand met ’n spesiale pienkstrik-borsspeld. ’n Gedeelte van die inkomste uit die verkope word geskenk aan Look Good Feel Better, ’n organisasie wat onder meer skoonheidsraad en werksessies aan vroue met borskanker bied.

Clinique ♥ Breast Cancer Awareness

Clinique, ook deel van die Estée Lauder-groep, stel jaarliks ’n beperkte bottel van die gewilde Clinique Dramatically Different Moisturizing Lotion+ (R695 vir 200 ml) vir borskankerbewustheid bekend. Die romerige tekstuur van die vogroom is perfek vir ’n droë veltipe. Vanjaar is die bottel met vier gelukbringers getooi waarvan die pienk strik een is. ’n Gedeelte van die inkomste uit verkope word ook aan Look Good Feel Better geskenk.

Carolina Herrera ♥ Support with a Smile

Die modehuis Carolina Herrera se borskanker-veldtog, Support with a Smile, werk saam met die plaaslike Breast Health Foundation om aan vroue met borskanker ondersteuning te bied voor, tydens en ná behandeling. Uit die plaaslike verkope van verskeie van hul geure, waaronder die vars blommegeur Carolina Herrera CH (R1 205 vir 50 ml EDT), skenk hulle jaarliks geld aan die plaaslike Breast Health Foundation. Volg die veldtog met die hutsmerk #CHPink.

Avon/Justine ♥ Ithemba Walkathon

Die skoonheidshuise Avon en Justine hou jaarliks ’n pretstaptog om geld in te samel vir borskankeropvoeding en –bewustheid. Vanjaar se Ithemba Walkathon is op Sondag 23 Oktober by Marks Park in Emmerentia, Johannesburg. Besoek www.ithembawalkathon.co.za.

Revlon ♥ Cancer.Vive Awareness Ride

Die skoonheidshuis Revlon ondersteun al vir die vyfde jaar die jaarlikse Cancervive Awareness Ride-veldtog. Vir dié veldtog toer ’n groep van 65 People Living With Cancer-vrywilligers (’n organisasie gestig deur mense wat kanker oorwin het) op motorfietse van dorp na dorp in SA. Hulle kweek kankerbewustheid en werf steun vir lyers van dié siekte deur middel van stories, getuienisse en opvoedingsprogramme. Deur bewustheid van vroeë ontdekking te kweek en mense met kanker te ondersteun, wil hulle wys dat daar altyd hoop is.

ghd ♥ Pink Drive

Vanjaar word ’n gedeelte van die verkope van dié mooi helderpienk haaryster van ghd aan die borskanker-organisasie Pink Drive geskenk - Limited Edition ghd Platinum Electric Pink Styler (R3 299). Beskikbaar by uitsoeksalonne vir ’n beperkte tyd

Sorbet ♥ Paint Pink

Die trots Suid-Afrikaanse skoonheidshuis Sorbet wys gedurende Oktober hul ondersteuning aan borskankerbewustheid met ’n spesiale pienk en wit naellak-geskenkpak. Vir elke Sorbet Paint Pink Gift Set (R189) wat dié maand verkoop word, word R10 aan ’n borskankerbewustheids-organisasie geskenk.

Great Lengths South Africa ♥ Pink Hair Shows You Care

Great Lengths South Africa is bekend vir hul haarverlengings van gehalte. Met hul jaarlikse Pink Hair Shows You Care-veldtog moedig dié handelsnaam SA vroue aan om in Oktober ’n pienk haarverlengingstuk in hul hare te dra. Dit neem ’n haarstilis skaars 5 minute om een Pink Hair Extension-verlengstuk (R100) in te sit en hou sowat twee maande in jou hare. Inkomste uit verkope word aan CANSA geskenk. By uitsoeksalonne

Keep Abreast With Placecol

Die velsorghuis Placecol ondersteun vandeesmaand Reach for Recovery. ’n Gedeelte van die inkomste van die verkope van hul Illuminé Neck and Decollete Lift (R380) en Firming Neck and Bust Gel (R295, foto) gaan aan dié organisasie wat emosionele en praktiese ondersteuning aan mense met borskanker en hul gesinne bied. Die produkte is by Placecol-salonne beskikbaar.

Het jy geweet?

Meer as 20 jaar gelede het Estée Lauder se skoondogter, Evelyn, saam met ’n vriendin pienk lintjies by toonbanke uitgedeel as deel van ’n veldtog om vroue te herinner aan gereelde borsondersoeke. Vandag is dié strik ’n universele simbool vir borskankerbewustheid.

Love this daily reminder in our offices take action together to defeat breast cancer #BCAstrength

A photo posted by The BCA Campaign (@bcacampaign) on

 

Lees nou

Dít sê jou voete oor jou gesondheid

Só lyk die gewildste naelkleur op Pinterest