FOTO: Instagram (@kyliejenner)

Skoonheidstories

Skoonheid-tendens: Donker grimeerskakerings

Tydens die 90’s was donker skakerings in kleure soos bruin, swart en pers ’n groot skoonheidstendens. Die voorkoms raak nou weer gewild en is gesien tydens die Paryse modeweek by modevertonings van Hermès, Yves Saint Laurent en Cédric Charlier. Hier is ’n paar idees en wenke hoe om dié gewaagde voorkoms perfek te dra.

Lippe

Die maklikste manier om met die voorkoms te eksperimenteer is om donker kleure vir jou lippe soos roesbruin, pers en wynrooi te kies.

  • Maak seker jou lipstiffie hou heeldag (en aand) deur jou lippe met ’n lippotlood in dieselfde skakering in te vul voordat jy jou lipstiffie aanwend.
  • Om donker lippe én sterk gegrimeerde oë saam te dra kan maklik oordadig lyk. Hou daarom die res van jou grimering eenvoudig as jy kies om ’n donker lipstiffie te dra.

Volg haar voorbeeld:

Nóg ’n lente-tendens: Neonkleure vir jou naels en lippe!

As jy vir ’n aandgeleentheid jou voorkoms wil opkikker, is ’n rokerige voorkoms vir jou oë ideaal. Die geheim agter dié voorkoms is om die wit van jou oë met die donker ooggrimering te kontrasteer. Daarom is dit belangrik om reg rondom jou oë met jou oogskadu en -potlood te omlyn.

  • Balanseer jou donker rokerige oë deur ’n tikkie verligter of ’n ligte oogskadu aan die binnehoek van jou oog, op jou oogbank net onder jou wenkbroue en in die middel van jou ooglid aan te wend.
  • Maak dié voorkoms nog sterker deur jou donker oogskadu verder as die buitehoek van jou oog tot naby jou tempel, asook aan die onderkant van jou oog aan te wend.

Volg haar voorbeeld:

Oogskadu 101: Skep só jou perfekte voorkoms

Naels

Donker naels in skakerings soos swart, woudgroen en dieprooi en bruin sorg vir ’n gewaagde voorkoms.

  • Hou jou naels kort wanneer jy ’n donker skakering dra. Wend altyd ’n deursigtige lagie naellak bo-oor die donker skakering aan, asook ’n kutikel-olie om jou naels gehidreerd te hou. Só sal krakies in jou naellak nie so maklik wys nie.

Volg haar voorbeeld:

Stap-vir-stap: Blommekuns om jou naels

Bronne: www.totalbeauty.com