skoonheid mood
Skoonheidstories

Skoonheidsvraag: Kan ek produkte van verskillende skoonheidshuise gebruik?

SARIE-lesers vra, en ons kry die antwoorde. Het jy al ooit gewonder of jy velsorgprodukte van verskillende skoonheidshuise kan gebruik? Of is dit beter om by een skoonheidshuis te hou? Hiér beantwoord ons jou vrae…

Vraag

Lilleen Hoek vra op Facebook:

“Hierdie is iets wat my nog altyd laat dink het… ek hoop julle kan help met raad! Ek hou daarvan om my vel mooi op te pas. Tydskrifte beveel altyd die beste produkte van verskillende skoonheidshuise vir spesifieke doeleindes aan. Tog moedig baie skoonheidshuise mens aan om by een reeks se produkte te bly, aangesien die produkte mekaar aanvul en komplementeer vir die beste resultate. Is dit dalk ’n verkoopsfoefie? Ek hou van verskillende produkte van verskillende skoonheidshuise, maar is te bang om dit só te gebruik.”

Antwoord

Daar is niks mee verkeerd om velsorgprodukte van verskillende skoonheidshuise te gebruik nie, veral as jy goeie resultate sien. Dit is waar dat produkte uit een reeks mekaar komplementeer. Die serum in die reeks sal byvoorbeeld aktiewe bestanddele hê wat intens op jou vel werk, terwyl die vogroom meer strelend is. Wanneer jy produkte van verskillende skoonheidshuise kies, loop jy wel die gevaar om te veel produkte met aktiewe bestanddele (soos vitamien C en retinol) saam te gebruik en dan is die kans vir ’n veluitslag groter, veral as jy ’n sensitiewe vel het. Bepaal jou velsorgbehoeftes, kies produkte daarvolgens en as jy vind jou vel slaan uit of is geïrriteerd, probeer eerder produkte uit een reeks.

FOTO: Leana Clunies-Ross

FOTO: Leana Clunies-Ross

 

 

- Charis van den Heever, SARIE skoonheidsredakteur

 

 

 

 

Het jý ook ’n skoonheidsvraag? Vra gerus jou spesifieke skoonheidsvrae op ons Facebook- of Twitter-blaaie en ons sal die antwoorde kry.

Hiér word nog lesersvrae beantwoord: