Skoonheidstories

Soos ‘n styl ikoon

Rooi op jou vingerpunte

Deesdae is dit nie ’n modeflater as jou rooi lippe nie perfek by jou naels pas nie.   Kies een van  dié opwindende skakerings:

Ikoniese rooi
Nadat Uma Thurman Chanel Nail Colour in Rouge Noir (R260) in die rolprent Pulp Fiction gedra het, het die kleur kultusstatus verkry.

Spa-rooi

Die wêreldberoemde Franse pedikuur-kunstenaar Bastien Gonzalez het hierdie jaar sy One&OnlyRed-naellak (wat hy spesiaal vir die One&Only-hotelgroep geskep het) bekend gestel. Dit bevat geen skadelike formaldehied of tolueen nie. Dis tot dusver die enigste kleur in sy versameling, en rooi was die ooglopende keuse: “Waarom pienk of beige kies as naels in elk geval daardie kleure kan wees?” sê hy. “Valentino het sy rooi aandrok, Christian Louboutin sy rooi sole, so Bastien kan sy rooi naellak hê!” *Lees oor Bastien Gonzalez se troetel-metodes vir voete by sarie.com> skoonheid.

Loopplank-rooi

Essie se naellakreeks put kleur-inspirasie uit die jongste loopplank-versamelings. Die nuwe Essie Lacquered Up (R85) word beskryf as ’n “sensuele, verleidelike” rooi.

 

Wat sê die manne?

 

Chris Chameleon

Hou mans van rooi lipstiffie?

Hierdie man wel. Ek hou baie van ’n bietjie lipstiffie.

Wanneer trek  ’n rooi mond jou aan?

As die kop agter daardie mond oed aangeskroef en die hart daaronder teer is.

Nataniël

Hou jy van rooi lipstiffie?

Net soms. Dit val in dieselfde kategorie as vals wimpers, swart oogskadu, bont naels, stilettos of  baie lang hare – dis óf fantasties óf afgryslik. Daar is nie ’n middeweg nie.

 

Dink jy enige vrou kan dit dra?

 

Glad nie. Dit hang af van  ouderdom (ja, daar kom ’n dag!), persoonlikheid, die grootte en vorm van die mond, die vrou se lengte en die vaardigheid waarmee dit aangewend word. Soos enigiets wat ’n sterk indruk maak, het dit ’n goeie oog nodig om regtig te werk. Daar is ’n romantiese idee

dat rooi lipstiffie onder enige omstandighede iemand spesiaal of sexy maak. Dis nie waar nie, die

gevolge is dikwels tragies.