clarins_maart
Skoonheidstories

Sophia Loren

Jou beste eienskap is jou oë

Jou rooitapytbehandeling
Jou kykers is dalk nie so alombekend soos Sophia Loren s’n nie; hare loer selfs vir jou van die Italiaanse wyn Fattoria Paradiso se etiket!

Maar Francois Ferreira van Dior sê dis maklik om Sophia se  amandelvormige oë na te boots: “Om jou oë meer amandelvormig te laat lyk, wend ’n ligte (beige-kleurige) oogskadu op die hele boonste lid aan en donker skadu in die vou van die oog. Wend oogomlyner op die boonste lid teenaan die wimpers aan – die lyn moet effens dikker word en oplig na buite. Gebruik maskara net op die boonste wimpers en meer aan die buitenste hoekies.

“As jy haastig is, kan jy net die omlyner-lyn trek en maskara aantik. Dis maklik en vinnig en lyk treffend.”
Gee jou oë ’n 60’s-voorkoms met Clarins Eyeliner in Black (R225).
Jou wimpers kry ekstra lengte met Clinique Lash Building Primer (R140) wat onder maskara aangewend word. Rond af met ’n paar lae Rimmel Glam’Eyes Waterproof Mascara (R89,95).

Sy is immergroen, want sy het nog op die ouderdom van 72 op die Pirelli-kalender verskyn (in 2007)! Sy is ook binnekort in die rolprent Nine te sien en sy is ’n inspirasie as voorbeeld van hoe om grasieus oud te word.

Sy het die Oscar gewen vir beste aktrise in 1961 as Cesira in Two Women.

In Sophia se grimeersakkie

Clinique Lash Buidling Primer Rimmel Glam&aposEye Waterproff Mascara
Gee jou oë ’n 60’s-voorkoms
met Clarins Eyeliner in Black
(R225).
Jou wimpers kry ekstra lengte
met Clinique Lash Building
Primer (R140) wat onder
maskara aangewend word.
Rond af met ’n paar lae
Rimmel Glam’Eyes