FOTO: Instagram (@vanitycollections)

FOTO: Instagram (@vanitycollections)

Skoonheidstories

Sorteer jou skoonheidskas met dié 6 idees

Soos jou grimering, naellak en velsorgprodukte al hoe meer word, word dit moeiliker om alles netjies bymekaar te hou. Voor jy jou kom kry, staan buisies onderlaag, maskara, lipstiffie en room jou spieëlkas vol, terwyl jy jouself morsdood soek na jou staatmaker-lipstiffie!

Hiér is ’n paar idees om jou skoonheidskas netjies te hou…

1. Maak jou skoonheidsprodukte deel van jou badkamer- of kamer-dekor, pleks daarvan om dit in ’n kas weg te bêre. “Tablescaping” behels die groepering van soortgelyke produkte op ’n oppervlak saam met ander dekor-items, soos ’n fotoraam, ’n ornament of ’n potplantjie. Rangskik byvoorbeeld al die produkte wat jy vir jou daaglikse velsorgroetine gebruik saam met ’n antieke spieël of ’n mooi kers.

Gorgeous detail in the shop today, with a little something for everyone. Doors open 11am #hfgxmaspopupshop

A photo posted by Hunting for George (@huntingforgeorge) on

 

2. Groepeer jou parfuumbottels op ’n ou silwer of metaal-skinkbord. Die silwer of metaal weerkaats lig in die glasparfuumbottels en sorg so vir ’n elegante tafel-uitstalling. Probeer ook koek- en kolwyntjiestaanders.

 

The prettiest products on my desk-cum-vanity as displayed on an antique tray and my new bunny cake stand from @luluandgeorgia.

 

A photo posted by Kristie Dash (@kristiedash) on

 

3. Soek deur jou huis vir ou blikke, glashouers, boksies, bakkies en selfs ou kershouers wat jy kan hergebruik om jou skoonheidsprodukte in te stoor. Dié soort houers is perfek vir die sortering van jou grimeerborsels, lipstiffies, grimeerpotlode, katoenwatte en haarknippies- en bykomstighede.

Popsanger Nicki Minaj kom SA toe!

4. Bêre grimeerprodukte in deursigtige houers met rakke sodat jy dadelik kan sien wat in elke houer is.

 

5. As jy daarvan hou om jou skoonheidsprodukte in ’n laai te hou, gebruik draadmandjies, plastiekhouers of selfs ’n eetgerei-laaihouer om produkte volgens soort in die laai te sorteer.

 

6. ’n Speseryrak of klein boekrak is die ideale bêreplek vir alle tipe skoonheidsprodukte.

Bronne: Red Online, Refinery29

Dís hoe jy nou die groot vraag vra…