FOTO Getty Images / Gallo Images

FOTO Getty Images / Gallo Images

Skoonheidstories

Speel saam en toets jou skoonheidskennis

Die skoonheidswêreld is fassinerend! Byna weekliks duik daar nuwe grimeer- of haarkleur-trends op, terwyl style soos die bob en ’n goeie velsorgroetine nooit uit die mode gaan nie. Is jy ’n skoonheidsliefhebber wat graag op hoogte bly van die jongste tendense vir hare, grimering, parfuum en velsorg? Doen nóú ons prettige toets en vind uit …

Toets jou skoonheidskennis met dié paar vrae …

Vraag van
Huidige telling:

Wie het die eerste onderlaag soos wat ons dit vandag ken, ontwikkel?

  • Coco Chanel
  • Max Factor
  • Christian Dior

Wie het die eerste onderlaag soos wat ons dit vandag ken, ontwikkel?

Jou antwoord:

Regte antwoord:

Die Rus Max Factor, ’n pruikmaker, het ’n fyn oog vir mooi grimering gehad. Toe hy vir die eerste keer ’n fliek in Los Angeles, Amerika, sien, het die aangeplakte grimering (bekend as “greasepaint”) wat op silwerdoeksterre se gesigte gebruik is, hom erg geskok. “Skrikwekkend,” het hy dit beskryf. Die dik, soliede formule was onnatuurlik. Maar Max was innoverend, met ’n entrepreneur-gees, en ontwikkel toe die eerste “beweegbare” greasepaint. Dié produk het ’n meer natuurlike afwerking gehad en was die begin van die produk wat ons vandag as onderlaag ken.

Watter tipe geure word gewoonlik in die topnote van ’n parfuum gebruik?

  • Sitrusgeure
  • Houtgeure
  • Kosgeure

Watter tipe geure word gewoonlik in die topnote van ’n parfuum gebruik?

Jou antwoord:

Regte antwoord:

Kyk na die samestelling van jou gunsteling-parfuum en die kans is goed jy sal sitrus vind. In parfuum is sitrus dikwels deel van die topnote – die eerste note wat jy ruik wanneer jy parfuum aanspuit. Dit gee ’n verfrissende en sprankelende gevoel aan parfuum en laat jou sonnig en optimisties voel. En omdat sitrus veral blom- en vrugtenote goed komplementeer (dit help om die soetheid te breek), is dit baie gewild in ligter somerparfuums.

In die skoonheidswêreld, wat is ’n ander gewilde woord vir vitamien A?

  • Retinol
  • Niasienamied
  • Askorbiensuur

In die skoonheidswêreld, wat is ’n ander gewilde woord vir vitamien A?

Jou antwoord:

Regte antwoord:

In die skoonheidswêreld is vitamien A meestal bekend as retinol. Dié kragtige bestanddeel het die vermoë om kollageen te stimuleer sodat jou vel plomper en jeugdiger lyk. Dit skilfer ook onsigbaar die boonste deel van jou vel af vir ’n gladder, stralende gelaat, behandel aknee, donker vlekke (pigmentasie), plooie én fyn lyntjies.

Wat beteken “balayage”?

  • Hare wat grys gekleur is.
  • ’n Geleidelike verandering van donker na ligter kleur in jou hare.
  • Ligstrepies word met die vry hand aan jou hare "aangeverf" en die eindresultaat is hare wat lyk of die son dit natuurlik ligter gekleur het.

Wat beteken “balayage”?

Jou antwoord:

Regte antwoord:

Verskillende haartegnieke soos balayage, flamboyage, gesmelte kleur (colour melting) en babaligstrepies (baby lights) raak al hoe meer gewild. Met dié tegnieke word skakerings na aan jou eie haarkleur ingespan om jou hare ’n natuurlike voorkoms te gee. Wanneer die kleur dan uitgroei, sien jy dit nie so duidelik nie.

In die skoonheidswêreld, watter woord verwys na dik, klonterige wimpers wat aan mekaar vasklou?

  • 60's-wimpers
  • Spinnekopwimpers
  • Twiggy-wimpers

In die skoonheidswêreld, watter woord verwys na dik, klonterige wimpers wat aan mekaar vasklou?

Jou antwoord:

Regte antwoord:

Vir baie jare was klonterige wimpers wat aan mekaar vasklou een van die grootste moenies in die maskara-reëlboek – anders het jy met sogenaamde spinnekopwimpers of “spider lashes” rondgeloop. Maar deesdae maak dikker, bonkige wimpers ’n terugkeer. Die moderne weergawe van spinnekopwimpers spog met lang, welige wimpers wat steeds bonkig lyk, sonder enige klonte. Dis ’n vinnige en maklike manier om jou oë groter en treffend te laat lyk.

Wie is die afgelope 10 jaar al die gesig van Dior se gewilde J’adore-parfuums?

  • Natalie Portman
  • Eva Mendes
  • Charlize Theron

Wie is die afgelope 10 jaar al die gesig van Dior se gewilde J’adore-parfuums?

Jou antwoord:

Regte antwoord:

Kan jy glo Charlize is al vir meer as tien jaar die gesig van Dior se J’adore-parfuums? Die skoonheidshuis verstaan vroue is interessant en het komplekse lae. En hulle vier hierdie eienskappe, sê Charlize. Vanjaar sprankel ’n nuwe geur, Dior J’adore Eau de Toilette, met die toevoeging van bloedlemoen en lemoenblomolie.

Watter haarstyl oorheers die afgelope twee jaar (en pas byna almal)?

  • Baie lang hare wat tot by jou heupe val
  • Stomp gesnyde kuiwe
  • Die bob

Watter haarstyl oorheers die afgelope twee jaar (en pas byna almal)?

Jou antwoord:

Regte antwoord:

Die bob-haarstyl in alle vorme was beslis dié haarstyl onder internasionale en plaaslike bekendes die afgelope twee jaar. En nou is ’n effens langer weergawe, die lang bob (of lob), gewild. Sedert die begin van die jaar het bekendes soos Khloé Kardashian, Victoria Beckham, Adele, Jennifer Lawrence en Leandie du Randt – om net ’n paar te noem – ook met die styl gespog. Ons kan sien waarom so baie celebs van dié haarstyl hou: dit pas byna almal – ook by my en jou!

Jou punt

Jy is nie noodwendig skoonheid-mal nie, maar weet genoeg om saam te kan gesels wanneer jou vriendinne oor velsorgroetines en die nuutste grimeerkleure begin praat.
Beantwoord weer die vrae

Jou punt

Jy kan net sowel ’n skoonheid-junkie genoem word! As daar ’n nuwe trend is, weet jy daarvan. Jy het hope grimering en velsorgwenke en stories om met jou vriendinne te deel.
Beantwoord weer die vrae

 

Does a better word even exist? : @itsjamiestone #FanFriday

A photo posted by Estée Lauder (@esteelauder) on

Lees nou

Nataniël se roerende toespraak

Gee jou haarstyl nuwe lewe – celebs wys jou hoe!