SKERMGREEP: Youtube/W

SKERMGREEP: Youtube/W

Skoonheidstories

Stap vir stap na beste selfie

Is jy ’n selfie-liefhebber? As jy is, kan jy glo tot 25 000 van dié kiekies gedurende jou leeftyd neem!

’n Opname is onder millennials tussen die ouderdom van 16 en 36 gedoen om vas te stel wat hul selfie-gewoontes is. Die deelnemers het gesê hulle neem gemiddeld nege selfies ’n week en bestee dan sowat sewe minute aan ’n selfie om seker te maak dit lyk perfek! Dié opname is gedoen deur die Amerikaanse handelsmerk Luster Premium White, wat tandbleik-produkte vervaardig.

So, hoe kry hulle dit reg? Hiér wys ons jou stap vir stap hoe om jou beste selfie sommer met die eerste probeerslag te neem.

Die één rol waaroor Meryl Streep spyt is

Stap 1: Jou selfie-voorkoms

Die eerste stap na ’n perfekte selfie is ’n foutlose gelaat wat straal, treffende oë en verleidelike lippe bevat.

*Begin jou grimeerroetine met ’n basislaag (primer). Dit vul ’n oneweredige veltekstuur, soos lyntjies en porieë, in sodat jou onderlaag glad en foutloos aanwend.

*Wend daarna ’n onderlaag met ’n douerige- of hoëdefinisie-afwerking aan. Dié formules sorg dat lig in alle rigtings van jou vel af bons, sodat jy fyn lyntjies, plooie en vlekke moeiliker raaksien. Dit laat jou vel vars en natuurlik lyk, veral op foto’s.

*Raam jou gesig deur jou wenkbroue in te vul sodat dit voller lyk.

*Kies dan ’n fokuspunt vir jou voorkoms: kombineer ’n helderkleurige lipstiffie met subtiel gegrimeerde oë of laat jou kykers praat met ’n helder oogomlyner of rokerige oogskadu.

Volg Karlien van Jaarsveld se voorbeeld op dié selfie wat sy van haarself gedeel het.

Langebaan!!! Ons is hier!! Let the tour begin

A photo posted by Karlien (@karlienvanjaarsveld) on

Stap 2: Neem jou selfie

Vir raad oor hoe om jou beste selfie te neem, vra maar net vir ’n supermodel! Ons is mal oor dié oulike video van die Amerikaanse modetydskrif W waarin supermodelle soos Karlie Kloss, Rosie Huntington-Whiteley en Alessandra Ambrosio hul selfie-neem-geheime deel.

Het jy geweet?

Jou slimfoon se kameralens kan veral vroue bo 40 jaar tot sewe jaar ouer laat lyk, berig die Britse koerant The Telegraph. Weens die wye hoek van jou slimfoon se kameralens kan die middel van jou gesig, soos jou neus en oë, groter lyk as wat dit werklik is, terwyl dit jou wange en mond meer ingesonke kan laat lyk. Daarby lyk die vel op jou nek en ken meer plooierig omdat die meeste van ons die slimfoon laer as ons gesig hou wanneer ons ’n selfie neem.

Gelukkig is daar ’n eenvoudige plan wat jy kan maak om jou kameralens te flous . . .

Hou bloot jou slimfoon altyd teen ’n hoek effens bo jou gesig wanneer jy ’n selfie neem. Dit gee meer definisie aan jou nek en ken, en laat die volume in jou gesig meer eweredig voorkom. Jou gesig lyk dan meer gebalanseerd en jeugdig.

 

My @lumeecase is life!!! Yep we own the patent sooooo go to Lumee.com to get the original! Your selfies will be lit!!!! Xo

 

A photo posted by Kim Kardashian West (@kimkardashian) on

Al ooit gewonder wat die selfie-konigin Kim Kardashian se geheim is? Die realiteitster het al op haar webtuiste verklap dat haar slimfoon ’n spesiale omhulsel het wat reg rondom die voorkant van haar slimfoon ’n warm wit lig skyn. Só is haar gesig altyd perfek belig vir haar selfies.

 

Selfies about to be LIT! Today on my app I talk about the perfect selfie lighting! The secret to my selfies Lumee.com

 

A photo posted by Kim Kardashian West (@kimkardashian) on

Toe Kim verlede jaar saam met die Amerikaanse presidentskandidaat Hillary Clinton ’n selfie geneem het, was Hillary baie beïndruk met dié slimfoon-omhulsel. Sy het later aan TV-aanbieder Ellen DeGeneres op haar geselsprogram vertel dis die beste wat sy nóg op ’n selfie gelyk het!

Kyk hiér na Hillary se onderhoud met Ellen waar sy van haar interessante selfie-ervaring saam met Kim vertel.

2016 se slegste beroepe… – lees meer!

Stap 3: Deel jou selfie

Agter elke goeie selfie is ’n uitstekende foto-redigeringsapp!

Vir vinnige en moeitelose redigering is Instagram se filters die maklikste. ’n Studie deur navorsers van Yahoo Labs en die Georgia Institute of Technology in Atlanta,VSA, het gevind dat Instagram-foto’s met ’n filter wat die foto “warmer” laat lyk meer gewild is as dié met filters wat meer koue lig bevat. Helder, goed beligte foto’s met ’n groter kleurkontras was ook aansienlik gewilder as foto’s wat donker, vaal en uitgewas lyk.

Probeer dié Instagram-filters: Mayfair, Rise, Valencia, Hefe en Nashville

Vermy eerder dié Instagram-filters: Amaro, Hudson en Walden

Wenk: “Mayfair” laat blou oë pop, terwyl “Hefe” jou lipstiffie helderder laat lyk.

As jy meer aan jou selfies wil doen, is ’n spesiale selfie-redigeringsapp nodig. Ons het die web deursoek vir die gewildste selfie-apps:

Facetune (R80 op jou Apple-slimfoon en R40 op jou Android-slimfoon)

Bekendes soos Beyoncé en Kim en Khloé Kardashian het al erken dat hulle gereeld dié app gebruik om hul selfies te dokter. Jy kan onder meer jou gelaat ’n sagte “airbrush”-voorkoms gee met dié app, asook sekere dele van jou lyf maerder of groter laat voorkom.

Perfect365: One-Tap Makeover (gratis op Apple- en Android-slimfoon)

Met dié app kan jy verskillende grimeervoorkomste op jou gesig “uittoets”. Sommiges lyk só realisties dat dit lyk asof jy sélf jou grimering gedoen het!

MeituPic (gratis op Apple- en Android-slimfoon)

Dié speelse app is van die gewildste foto-apps ter wêreld met meer as 400 miljoen gebruikers. Jy kan onder meer die kleur van jou selfie verstel of jou oë en gelaat helderder laat lyk.

BeautyCam (gratis op Apple- en Android-slimfoon)

Speel met filters om jou selfie ’n sagte, warm voorkoms te gee. Jy kan selfs jou gelaat meer sonbruin maak!

Bronne: www.popsugar.com, www.glamour.com, www.bustle.com

Soek jy haarinspirasie? Kyk net na aktrises Rolanda en Leandie