ss0910antiage_guerlain
Skoonheidstories

Stop die horlosie!

DIE SON

Skadetelling: 9/10

“Selfs al is jy nie geneties geneig om lyntjies en plooie weens sonblootstelling te kry nie, moet jy steeds versigtig wees,” waarsku dr. Daniel Maes, senior vise-president van Estée Lauder: navorsing en ontwikkeling wêreldwyd.

“Al het jou ma ’n goeie vel op 70, beteken dit nie jy kan die son sonder beskerming aandurf nie.”

Dermatoloog Izolda Heydenrych van Kaapstad stem saam: “Ultravioletstrale lei tot die vorming van vry radikale, wat veroudering tot gevolg het. Die kollageen in jou vel ondergaan kruisverbindings, wat die soepelheid van die vel verminder. Sonskade verlaag ook jou vel se natuurlike weerstand.”

Aksieplan

Probeer om gereelde sonblootstelling te verminder deur ’n dagroom met minstens ’n SBF 15 te dra. Clinique Youth Surge SPF 15 Age Decelerating Moisturizer (R505) bied sonbeskerming en sorg ook dat die tekens van veroudering vertraag word.  

Pond’s Flawless Radiance Visible Even Tone Daily Lotion (R74,99) sal jou vel beskerm en voed, terwyl jy lyntjies wat reeds gevorm het, kan beveg met Olay Regenerist 30 Second Wrinkle Filler (sowat R250).

Clinique Youth
Surge SPF 15

Pond’s Flawless
Radiance
Olay Regenerist

JOU SUIKERTAND     

Skadetelling: 8/10

Jou voorliefde vir soetgoed ís toe een van jou stoutste plesiere! ’n Lus vir lekkernye kan jare by jou voorkoms voeg, glo dr. Maes.

“By Estée Lauder het ons ontdek verfynde suikers en geprosesseerde kosse wat baie koringstroop bevat, is nadelig vir jou vel. Geprosesseerde suikers reageer met die proteïene in jou vel, wat ’n proses genaamd glikosering tot gevolg het. Dit is die interaksie tussen suiker en kollageen, wat die struktuur van jou vel se kollageen afbreek.”

Volgens dr. Maes het suikers ook ’n effek op die vel se ensieme wat jou beskerm teen vry radikale. Só word jou selle meer vatbaar vir besoedeling en sonskade.

Aksieplan

’n Gesonde dieet met baie vitamiene sal help om die skade teen te werk.

Probeer ook Estée Lauder Resilience Lift Extreme (R495). Dit bevat tegnologie wat glikosering teenwerk en beveg die skade wat suikers aanrig.

Nog ’n produk wat spesiaal om dié rede geskep is, is Chanel Précision Ultra Correction Lifting Firming Day Fluid SPF 15 (R1 365). Dit bevat ’n proteïen wat die gevolge van glikosering omswaai.

Estée Lauder Resilience  Chanel Précision  
 

ROOK

Skadetelling: 7/10

Selfs net één sigaret kan ’n negatiewe uitwerking op jou vel hê!

“Rook veroorsaak lyne en pigmen-tasie en genereer vry radikale wat selle doodmaak en tot voortydige veroudering lei,” verduidelik dr. Maes. “En dit sluit tweedehandse rook in. Ons het ook ontdek dat rook DNS beskadig, en dít lei tot skade aan die dermis sowel as die epidermis, die onderste én boonste lae van die vel.”

Dr. Heydenrych stem saam: “Rokers se vel is dikwels gryserig en lyne is makliker sigbaar. Rook veroorsaak dat jou bloedvate vernou, wat beteken dat jou vel minder suurstof kry en gouer verouder.”

Aksieplan

Antioksidante, wat nou algemeen is in skoonheidsprodukte, kan jou vel teen vry radikale beskerm. Estée Lauder Advanced Night Repair Synchronized Recovery Complex (R575) help jou vel om skade weens byna elke omgewingsfaktor, soos besoedeling, UV-lig of selfs emosionele stres, te herstel. (Lees SARIE-redakteur Michélle van Breda se artikel hier.)

Herstel bestaande lyntjies met Coverderm BotuMax Visage Total Anti-Wrinkle Management System for Face (R527). Dit bevat Hexapetide-3, wat ’n Botoks-effek op jou vel het en lyntjies verminder.

Magnolia word in Guerlain Success Age Splendid Deep-Action Night Care (R2 070) gebruik om die vel se struktuur te help behou – dié voedende room is spesiaal geskep vir vroue van 50 jaar en ouer.

Estée Lauder
Advanced
Night Repair
Coverderm Guerlain

STRES

Skadetelling: 7/10

Jou vel is soos ’n spieël wat alles weerkaats wat binne jou aangaan – ook wanneer jy gespanne is.

“Jou leefwyse het ’n geweldige invloed op jou vel,” sê dr. Maes. “Spanning bring voortydige veroudering mee en kan jou immuunstelsel aftakel.”

Hy verduidelik daar is twee soorte stres: akute en chroniese stres.

“Akute stres sit inflammatoriese reaksies soos rooiheid aan die gang en dit lei tot voortydige veroudering. Chroniese stres is langdurige spanning wat veroorsaak word as gevolg van situasies soos egskeiding en finansiële probleme. Dis ernstiger, aangesien dit jou immuunstelsel beïnvloed en jou meer vatbaar maak vir siektes.”

Aksieplan

Deur doelbewus spanning te verminder en ’n positiewe uitkyk op die lewe te hê kan jy jouself en jou vel gesond hou.

Kies produkte wat saam met jou veg teen stres, soos Elizabeth Arden Intervene Stress Recovery Night Cream (R430) of Dermalogica Age Smart Power Rich (R2 060 vir ’n stel van 5 dosisse).

Elizabeth Arden Intervene  Dermalogica

ALKOHOL

Skadetelling: 5/10

Goeie nuus: alkohol is toe nie só erg sleg vir jou vel nie, maar daar is steeds oorgenoeg rede om matigheid voor oë te hou: “Alkohol veroorsaak dehidrasie en is daarom nie goed vir jou vel nie,” sê dr. Heydenrych.
 
Aksieplan

Maak seker jy gebruik ’n goeie vogroom om te keer dat jou vel dehidreer − en drink net matig.

Garnier Ultra Lift Pro-X (R154,95) sal lyntjies en donker kringe om jou oë beveg. Teen veroudering wat reeds ingetree het, is daar L’Oréal Revitalift Face Contours & Neck (R179,95).

Garnier Ultra Lift Pro-X  L’Oréal Revitalift
  • http://vmceohxnhcal.com/ cwgkxilyec

    u07Rir drxvudmntopw, [url=http://vomevuqqrgpg.com/]vomevuqqrgpg[/url], [link=http://rzsluprxrtmt.com/]rzsluprxrtmt[/link], http://pkspinyhouma.com/

  • whroahqkqxj

    8SB9oJ diunedymeddz, [url=http://tasqbrrwizgu.com/]tasqbrrwizgu[/url], [link=http://slzvodxfcwos.com/]slzvodxfcwos[/link], http://ygbsltbclbtv.com/