jennifer aniston skoonheid
Skoonheidstories

Jy grimeer soos Jennifer Aniston!

Jy’s ontspanne en maak die mense om jou rustig. En net soos Jennifer is jy ’n warm en gesellige mens. ’n Gemaklike, tog sexy grimeervoorkoms pas by jou persoonlikheid en soms sal jy waag met nuwe tendense en kleure. Vir ’n rosige gloed wat jy heeljaar kan dra is Jen die perfekte inspirasie! Skep só ’n vel met ’n natuurlike, gesonde glans…

Kim Kardashian wen toekenning vir selfies

Jennifer verkies eenvoudige grimering in neutrale skakerings. Haar vel is altyd stralend met ’n sexy sonbruin glans en ’n tikkie blosser wat gesond en jeugdig lyk. Dit pas perfek by haar warm en gesellige persoonlikheid. Boonop is sy onlangs ook as People se mooiste vrou vir 2016 aangewys! Volgens Jennifer is water, genoeg slaap en ’n gesonde leefstyl die geheim agter haar stralende voorkoms.

 

Gee só jou gelaat glans met verbronser:

Blosser gee jou wange ’n gesonde gloed, terwyl verbronser jou gesig meer sonbruin laat lyk. As jy dit reg aanwend, lyk dit asof jy ’n gesonde gloed het (nes daardie natuurlike gloed wat jy het nadat jy vir ’n week op ’n seevakansie was). Jy wend dit aan die dele van jou gesig waar die son dit tref wanneer jy buite is.

Mens is dikwels onseker oor watter areas van jou gesig verbronser behoort te kry, maar dit kán maklik wees!

Probeer dié metode: Verbeel jou daar is ’n “3” op jou gesig se regterkant en ’n “E” (met sagte hoeke) aan die linkerkant van jou gesig. Die “3” en die “E” begin albei in die middel van jou voorkop en eindig op jou ken. Tik nou verbronser met ’n groot ronde grimeerborsel op die area wat deur die letter en syfer bedek word aan – dus jou voorkop, wangbene, die brug van jou neus en jou ken.

Gebruik blosser op die appels van jou wange. Dit is waar ons natuurlik bloos en jy wil dié deel beklemtoon met ’n bietjie kleur.

 

Jennifer se beste skoonheidsoomblikke:

 

 

 

Probeer dié produkte:

• Chanel Les Beiges Healthy Glow Foundation SPF 25 / PA++ (R785)

les-beiges-healthy-glow-foundation-spf-25--pa-n10-30ml.3145891842104• The Body Shop Baked-To-Last Bronzer (R230)

Baked-to-last_Bronzer_02_Product_ShotKlik HIER en voltooi ons vraelys om uit te vind soos watter bekende jy graag grimeer

KLIK OP DIE FACEBOOK-KNOPPIE HIERONDER OM MET JOU VRIENDE TE DEEL

Maak só jou eie koekiestempel!