Honor Woman by Mercedes-Benz New York Modeweek. FOTO: Instagram

Honor Woman by Mercedes-Benz New York Modeweek. FOTO: Instagram

Skoonheidstories

Supermodelle verklap hulle slaap soms met grimering aan

Die meeste van ons weet dis taboe om te gaan slaap sonder om jou grimering te verwyder. Talle bekendes het al onthul dat juis dít hul nommereen-geheim vir ’n vars en helder voorkoms is. Nóú het ’n paar van die wêreld se top-supermodelle verklap dat selfs húlle soms ’n uitsondering maak, berig Vogue.com.

Doen binnekort inkopies via Facebook!

In ’n onderhoud tydens die New York Modeweek se Lente/Somer 2016-voorskou verlede maand het die supermodelle Edie Campbell, Adriana Lima, Joan Smalls en Irina Shayk verklap dat hulle soms doelbewus nie hul ooggrimering verwyder wanneer hulle in die bed klim nie. Tog is hulle dit eens dat jy altyd jou gesig moet reinig. Edie Campbell vertel dat sy veral daarvan hou om met oogomlyner en maskara te gaan slaap omdat sy hou van die “ingeleefde”, rokerige voorkoms wat haar oë die volgende het.

 

H&M se volhoubare klere kom SA toe!

Is dit dan oukei om met ooggrimering aan te slaap?

SARIE se skoonheidsredakteur, Charis van den Heever, glo om een of twee keer met jou ooggrimering te gaan slaap behoort nie te veel skade aan te rig nie, maar jy moet nie ’n gewoonte hiervan maak nie.

“Wanneer jy nie maskara en oogomlyner verwyder voordat jy in die bed klim nie, kan van die grimering in jou oë eindig en erge irritasie veroorsaak soos wat jou oë teen die kussing skaaf terwyl jy slaap. Maskara kan ook jou wimpers oor tyd bros maak as jy aand ná aand daarmee gaan slaap.”

Gelukkig is dit nie so moeilik om in ’n kits ’n ingeleefde voorkoms vir jou oë te skep nie.

Wend bloot swart of bruin oogomlyner reg rondom jou oë aan (die lyntjie hoef nie perfek te wees nie). Gebruik dan jou vinger of ’n klein grimeerborsel om die lyntjie te smeer (smudge) sodat dit rokerig en effens onnetjies lyk.

Wat dink jý?

Sal jy dit waag om met ooggrimering aan te slaap?

  • JA
  • NEE

Bronne: www.vogue.com

Suzelle DIY se snaaksste video’s