FOTO Phil McCarten / ©A.M.P.A.S.

FOTO Phil McCarten / ©A.M.P.A.S.

Skoonheidstories

Jou grimering en uitrusting kán pas

Grimering in dieselfde skakering as jou uitrusting is vir baie ’n groot taboe, maar dit kán gedoen word. En as jy dit regkry, lyk dit sjiek, elegant en perfek afgerond. 

Twee belangrike wenke:

Wenk 1: As jy jou grimering by jou uitrusting wil laat pas, kies een eienskap (jou oë, lippe of wange) om te beklemtoon en hou die res van jou grimering eenvoudig en neutraal.

Wenk 2: Helder ’n rooi uitrusting op met soortgelyke skakerings van rooi op jou lippe. Juweelkleure soos pers, turkoois en donkergroen lyk mooi op jou oë saam met ’n uitrusting in dié kleure.

Bekendes wys hoe jou grimering en jou uitrusting pasmaats kan wees.

1. Lupita Nyong’o

Aktrise Lupita skitter met ’n trukoois rok en oogskadu in dieselfde skakering daarby.

2. Selena Gomez

Die sanger se maroenrooi lippe en rok komplementeer haar rokerige bruin oë perfek.

3. Rachel McAdams

By vanjaar se Oscar-toekennings het die Spotlight-aktrise gewys hoe treffend ’n subtiele oogomlyner in dieselfde skakering as haar smarraggroen rok kan wees.

4. Claire Danes

Dié aktrise het haar rooi rok en oorbelle afgerond met ’n rooi lipstiffie en die res van haar grimering subtiel gehou.

5. Jenna Dewan Tatum

Danksy die aktrise se silwerblou oë is haar rok en grimeervoorkoms nóg meer asemrowend.

6. Olivia Munn

Die aktrise Olivia Munn het op vanjaar se Oscar-rooitapyt oranje laat wérk! Sy het die helderoranje kleur van haar rok op haar lippe en subtiel op haar oë herhaal.

7. Sophie Turner

Jy kan selfs met metaalskakerings eksperimenteer, soos die Game of Thrones-ster Sophie Turner hiér gedoen het.

Lees nou

Dis hoekom gaap so aansteeklik is!

Mooiste skoonheid op die VMA- rooi tapyt