FOTO Pixabay

FOTO Pixabay

Skoonheidstories

Pas jou parfuum by jou persoonlikheid?

Hoekom is vroue so lief vir parfuum? Dit laat ons mooi voel, sê Tammy Frazer, parfumeur van Kaapstad en eienaar van Frazer Parfum.

“Dis ’n manier om jou identiteit uit te druk. Deur jou gunsteling-parfuum aan te wend, verklap jy iets van jouself sonder om ’n woord te sê.”

Omdat ’n geur anders ruik aan elke vrou, is dit immers ’n unieke bykomstigheid om jouself (of ander) mee te bederf.

Maar het jy al daardie een parfuum gevind wat perfek by jou pas? Doen ons vinnige toets en kyk watter geurfamilie die beste by jou persoonlikheid pas. Só kan jy presies weet waarna om te soek wanneer jy weer in ’n winkel vol parfuumkeuses staan.

 

Probeer dié parfuums:

Blommegeure

Avon Dreams EDP* Avon Dreams (R370 vir 50 ml EDP). Skakel 0860 102 345

Vars sitrus- en kruiegeure

jo malone parfuum*Jo Malone Lime Basil & Mandarin Cologne (R1 480 vir 100 ml EDC)

Aardse houtgeure

AZZARO Pour Elle_EXTREME*Azzaro Pour Elle Extrême (R820 vir 75 ml EDP)

Soet speserygeure

01_PACKSHOT_BO NUIT BLANCHE EDP 50ML NS*Yves Saint Laurent Black Opium Nuit Blance (R1 174 vir 50 ml EDP)

Lees nou

Generasie Y: Minder seks oor Facebook?

Rooi maskara op jou wimpers…?