Skoonheidstories

Skep só rokerige oë

1. Waar ’n rokie trek …

Gebruik metaalkleure soos silwer of blinkgrys, maar anders as vir die rokerige oë van die 80’s word kleur nie in lae opgebou nie. Dis meer soos waterverf – dit móét effe slordig lyk! So asof jy heelnag feesgevier het . . .

Rokerige oë is die voorkoms van die oomblik. Volgens Liz van der Merwe, grimeerkunstenaar by M.A.C, moet jou grimering lyk asof dit in jou vel insmelt.

DOEN DIT SÓ

•    Smeer ’n roomkleurige onderlaag oor jou hele ooglid (oogskadu hou só langer).
•    Wend ’n oogskadu soos M.A.C Mineralize eye shadow met ’n sagte oogborsel op jou ooglid aan.
•    Tik dit ook baie liggies onder die wimpers aan, en ook in die hoeke van jou oë.
•    Omlyn oë bo en onder vir ’n  sterker voorkoms. Bobbi Brown Long Wear eye Palette in Mineral Dust is ideaal
– met die tweekantige kwassie kan jy omlyn én inkleur.

M.A.C Mineralize eye shadow.
M.A.C Mineralize eye shadow

2. Lippe soos satyn

“Rooi lippe laat elke vrou soos ’n verleidster voel,” glo Sue Gillespie, bemarkingsassistent by Christian Dior.

Dior se nuutste grimeerreeks, Rouge Dior Collection Satin, is geïnspireer deur Christian Dior se gunsteling-materiaal – satyn.
Die glimmende, ligweerkaatsende eienskappe van satyn word weerspieël in ’n lipstiffie wat lippe voller en glansend laat vertoon en ook kollageen-produksie verhoog om lippe jeugdig te hou.

Rouge Dior Collection Satin.