FOTO: Instagram (@thebeautydept)

FOTO: Instagram (@thebeautydept)

Skoonheidstories

Top-drie wenke vir jou partytjievoorkoms

Die feesseisoen is byna hier! Hiér is drie wenke om jou partytjievoorkoms van gewoon na sensasioneel te omskep.

Adele stel nóg ’n nuwe liedjie bekend – luister hiér!

Helder lippe wat hóú

Maak seker die helder kleur op jou lippe hou van dag na aand met dié drie stappe, soos gesien op www.thebeautydepartment.com.

• Omlyn jou lippe met ’n helder lipomlyner in dieselfde skakering as jou helder lipstiffie. Vul dan jou hele mond met die lipomlyner in om die kleur op jou lippe langer te laat hou.

• Wend ’n helder lipstiffie aan. Kyk uit vir lipstiffies wat geformuleer is om lank op jou lippe te hou en ook bevogtigend is, want jy gaan dit van dag na aand dra.

• Wend dan ook ’n lipglans in dieselfde skakering as jou lipstiffie aan. Jy kan ook ’n deursigtige lipglans aanwend. Wag sowat ’n minuut vir die lipglans om droog te word en jy’s reg vir die dag!

FOTO: Instagram (@thebeautydept)

FOTO Instagram (@thebeautydept)

Probeer: Bourjois Contour Edition Lip Pencil in Tout Rouge (R100, by Clicks), Maybelline Super Stay 14HR Lipstick in Ravishing Rouge (R120), Max Factor Colour Elixir Gloss in Captivating Ruby (R130, by Clicks)

David Beckham aangewys as die sexyste man op aarde

Goue wenkbroue

Pastelkleurige en goue wenkbroue was vanjaar ’n groot tendens op die loopplank en is by die modevertonings van modehuise soos Badgley Mischka en Dior gesien. Vir die komende feesseisoen kan ’n tikkie goud op jou wenkbroue in die aand elegant, glansryk en gesofistikeerd lyk. Al wat jy nodig het is ’n vloeibare oogomlyner in ’n goue metaalskakering.

 

• Kam jou wenkbrouhare netjies met ’n borseltjie om definisie te skep. Omdat jy ’n metaalskakering gaan aanwend hoef jy nie jou wenkbroue ook in te kleur nie.

• Wend die goue oogomlyner liggies aan jou wenkbrouhaartjies aan. Die geheim is om dit nie te oordoen nie en die haartjies net ’n effense goue skynsel te gee.

• Kombineer dié voorkoms met koper oogskadu, swart oogomlyner en hope maskara.

Probeer: M.A.C Superslick Liquid Eye Liner in Pure Show (R225)

Vinnige vlegsels

Dié eenvoudige klein vlegsel-haarstyl kan in ’n kits net voor ’n partytjie geskep word. Wend eers ’n haarstileringsproduk wat tekstuur aan jou hare gee, soos ’n soutsproei, aan. Vleg dan twee klein vlegsels weerskante van jou kop net bokant jou ore en knoop die vlegsels saam aan die agterkant van jou kop. Gebruik ’n haarknippie of twee om die knoop stewig en in plek te hou. As jy fyner hare het, kan jy ook ’n bietjie haarsproei aanwend om die styl te laat hou.

FOTO: Instagram (@thebeautydept)

FOTO: Instagram (@thebeautydept)

Probeer: Kérastase Spray à Porter Tousled Effect Spray (R275). By uitsoeksalonne

VIDEO: Jonah Lomu se lewe in twee minute