FOTO Instagram (@lorealmakeup)

FOTO Instagram (@lorealmakeup)

Skoonheidstories

Twee is beter as een: Gebruik dié produkte saam

Môre vier ons saam met die wêreld Internasionale Dag van Vriendskap. Dít het die SARIE-skoonheidspan sommer ook laat dink aan ons gunsteling-skoonheidsprodukte wat soms eenvoudig beter werk in ’n span …

Probeer dié top-kombinasies:

Blosser + verligter = Jong gelaat

Elkeen van dié produkte is ’n ster uit eie reg, maar gebruik dit as ’n span en jy transformeer jou vel. Blosser help om ’n gesonde gloed te skep en gee lewe en dimensie aan jou vel. Verligter sorg vir glans en jy gebruik dit gewoonlik op die dele van jou gesig wat die son natuurlik tref, soos jou wangbene en neusbrug. Wanneer jy ’n blosser en verligter kombineer, lyk jou gesig nie net jonk en vars nie, maar ook stralend. Vee blosser op die appels van jou wange en tik dan ’n bietjie verligter bo-op jou wangbene.

Probeer: Smashbox L.A. Lights Blush & Highlight Palette (R450)

HBD GG ILY

A photo posted by @karliekloss on

 

Lyfroom + parfuum = Geur wat draal

Wens jy soms die geur van jou parfuum kon langer hou? Kombineer dit dan met ’n gegeurde lyfroom wat daarby pas. Nie net versterk die lyfroom die geur van jou parfuum nie, maar jou parfuum hou ook langer op ’n vel wat goed bevog is. As jy ’n parfuum gebruik met een spesifieke geurnoot wat sterk deurkom, soos roos of vanielje, kan jy ’n lyfroom koop in dié geur. Vir ’n unieker parfuum met ’n meer komplekse geursamestelling is dit die beste om die parfuum se bypassende lyfroom te koop as dit beskikbaar is.

Probeer: Thierry Mugler Alien Eau de Parfum (R1 500 vir 60 ml hervulbare EDP) en Alien Body Lotion (R625)

Discover a radiant universe full of positive and generous energies. #AlienFeelExtraordinary #Mugler

A photo posted by Mugler (@muglerofficial) on

 

Maskara + slim oogomlyner = Kyk-na-my-oë

Jy’t nie veel meer as maskara en oogomlyner nodig om ’n afgeronde grimeervoorkoms te skep nie. Die internasionale grimeerkunstenaar Bobbi Brown sê nie sonder rede ’n swart jel-omlyner saam met neutrale oogskadu-skakerings en ’n paar lae maskara is haar gunsteling-grimeervoorkoms nie. Boonop is daar, buiten ’n dun lyntjie bo jou boonste wimperlyn, ander slim maniere om oogomlyner te gebruik.

*Sag en subtiel Gebruik ’n plat oogomlynerborsel en trek ’n lyntjie met ’n donker oogskadu pleks van ’n jel- of vloeibare oogomlyner om jou oë subtiel te beklemtoon.

*Voller wimpers Gebruik die sogenaamde tightlining-tegniek om die illusie van voller wimpers te skep. Met dié slim truuk wend jy die oogomlyner tussen jou wimperhaartjies aan sodat dit lyk asof die haartjies nader aan mekaar lê. Jy sal nie glo hoe groot en oop dit jou oë laat lyk nie.

Doen dit só: Gebruik ’n reguit, plat oogomlynerborsel en doop dit in ’n jel-omlyner. Lig jou boonste ooglid effens met jou vinger en druk die borsel liggies tussen jou wimpers van buite na binne met jou ander hand. Die geheim is om glad nie ’n lyn te sien as jy klaar is nie, maar net wimpers wat voller en dikker lyk.

*Katoog-voorkoms As jy ’n beginner is, trek ’n lyntjie op jou boonste wimperlyn tot by die buitehoek van jou oog. Kyk vir jouself in die spieël en maak ’n kolletjie waar jy wil hê die “vlerkie” moet eindig. Trek dan die oogomlyner vanaf die buitehoek van jou oog tot by die kolletjie.

Probeer: Bobbi Brown Eye Opening Mascara (R360) en L’Oréal Paris Super Liner So Couture (R140)

 

The perfect party eye. Our trick is using long-wear gel eyeliner – so you can bat your eyelashes all night long. #cateye

 

A video posted by Bobbi Brown Cosmetics (@bobbibrown) on

Lees nou

7 vreemde en fassinerende feite

Maklike grimeergewoontes om nóú te kweek