sr1001skoonheid_20
Skoonheidstories

Velsorge? Opgelos

Die nuwe jaar is hier!
Dis tyd om ’n nuwe vel-blaadjie om te slaan en die mooiste moontlike jy te wees. Hier’s die probleme wat vroue die meeste na die skoonheidstoonbank of dermatoloog laat hardloop, en ons top-grimeerkunstenaars en velsorgkenners gee raad.

1.  ‘Ek het ’n uitslag’
Nuwe oorsigartikels dui daarop dat ’n lae-GI-dieet jou kan beskerm teen aknee, terwyl ’n dieet hoog in suiwel ’n uitslag kan aanwakker, sê dermatoloog Izolda Heydenrych van Kaapstad.
Die meeste dermatoloë glo egter steeds dat dieet nie so ’n groot rol speel wat aknee betref nie.
Bekende dieet-“sondaars” soos koffie en alkohol sal veel eerder die oorsaak van dehidrasie as van ’n veluitslag wees, sê  , opleidingsbestuurder by Dermalogica. “Kyk liewer waar en wanneer jy aknee kry,”is haar raad,“en maak seker dat jy die regte skoonheidsprodukte gebruik. Die deel van jou gesig waar die uitslag voorkom, sal jou ’n goeie idee gee van die oorsaak.’n Uitslag vanaf jou kakebeen in die rigting van jou nek dui op stres, terwyl jou bo-lip en ken verband hou met die voortplantingstelsel.”

Wat jy kan doen
“Al doen jy niks anders nie – hou op om aan jou gesig te peuter,” sê Julia. Sodra jy aan ’n veluitslag druk, is daar ’n groter kans vir infeksie – jou liggaam het sy eie manier om aknee te behandel. “As jy die regte produk op merkies aanwend, sal dit binne ’n dag of twee uitdroog,” sê sy.  Vroue bevog dikwels nie hul vel genoeg wanneer hulle met ’n uitslag sukkel nie, sê Tia Hebron, opleidingsbestuurder by Bobbi Brown in New York. “Vog sal nie die uitslag vererger nie – wend genoeg vogroom aan en gebruik verbloemer om dit te verdoesel. Die versoeking bestaan om jou vel met heelwat onderlaag te bedek, maar vel moet steeds soos vel lyk.”
Probeer
Neutrogena Visibly Clear Spot Stress Control Daily Scrub (R74,95) en Eucerin Dermo Purifier Cleanser (R89,99) om ’n uitslag in toom te hou. Garnier Pure Active Spot-on Roll-on Rapid Soothing Relief (R79,95) laat onsuiwerhede uitdroog en voorkom dat dit ’n litteken laat.

Neutrogena Daily Scrub

Neutrogena Visibly Clear Spot Stress Control Daily Scrub


Eucerin Dermo Purifier Cleanser (R89,99)

Garnier Pure Active Spot-on Rollon Rapid Soothing Relief (R79,95)

Bobbi Brown Oil Control Lotion SPF 15

Clinique Anti-Blemish Solutions Oil-Control Cleansing Mask

Pond’s Perfect Matte Oil Control Lotion

2.  ‘Ek sukkel met olierigheid’
Maak eers seker dat jy wel ’n olierige vel het,” sê Julia. “Perspirasie word soms met olie verwar. ’n Olierige vel sal soggens reeds olierig voel – veral op jou voorkop, ken en neus.” “Stres veroorsaak ’n veg-of-vlug-reaksie wat meer testosteroon – een van die sleutelhormone wat die produksie van velolie reguleer – tot gevolg het. So, probeer om te ontlaai en vat dinge rustig,” sê Izolda. “Kyk ook na jou dieet,” sê Tia. “Voeg groen blaargroentes by en bly weg van diepgebraaide kos. Vitamienes A, C en E sal jou vel ’n hupstoot gee.” Volgens Tia is dit egter belangrik om nie jou vel van al sy natuurlike olies te stroop nie: “Jou liggaam is selfgenesend – as jy jou vel van gesonde olies stroop, sal jou liggaam meer olie produseer om hiervoor op te maak.”

Wat jy kan doen
“Jy moet streng by jou velsorgroetine hou om ’n veluitslag te keer,” sê Julia. Tia se raad is om ’n olierigevel met ’n olie te behandel. Daarom beveel sy Bobbi Brown Oil Control Face Lotion (R495) aan.“Gebruik blotting paper deur die dag (dit absorbeer oortollige olie) en ’n bietjie poeier bo-oor. Mineraalpoeiers is ideaal om ’n olierige vel in toom te hou,”sê sy. Beproef ook Clinique Anti-Blemish Solutions Oil-Control Cleansing Mask (R255) en Pond’s Perfect Matte Oil Control Lotion (R63,99).

Lancôme Absolue Precious Cells Advanced Regenerating and
Replenishing Cream
Revlon Hydra Boost Skin Care Intense Radiance Moisturising
Day Cream SPF 15

Dermalogica Skin Hydrating  Masque

Olay Regenerist Daily 3 Point Treatment Cream

Clarins Multi-Active Day Early
Wrinkle Correction Cream

Yardley Line Minimizer Primer

3.  My vel voel droog’
“Droë vel word dikwels met ’n gedehidreerde vel verwar,” sê Julia. “’n Droë vel het olie nodig, terwyl
’n gedehidreerde vel vog benodig. Laasgenoemde laat jou vel ook styf voel en verrimpeld lyk. Maak
seker dat jy ’n droë vel voed met die regte olies soos druifsaad-, nagblom- en jojoba-olie. Bly weg van
mineraalolies wat nie jou vel so diep kan binnedring nie.”

Wat jy kan doen
’n Volwasse vel sal baat vind by Lancôme Absolue Precious Cells Advanced Regenerating and
Replenishing Cream SPF 15 (R1 985), wat steun op splinternuwe stamselnavorsing.  Voed ’n droë vel met Revlon Hydra Boost Skin Care Intense Radiance Moisturising Day Cream SPF 15 For Normal to Dry Skin (R99,95).

4.  Ek herken myself nie – al die lyntjies!’
     Daar is 3 weggee-tekens wanneer dit kom by veroudering – beveg hulle só:

Lyntjies
“Ons vel verouder deesdae ál vinniger weens ons vinniger leefwyse en eksterne velaggressors,” sê Lauren Watts, Dior se wêreldwye velspesialis. Sy glo die grootste velsorg-fout wat vroue maak, is om hul vel nie genoeg te bevog nie: “Dit lei tot dehidrasie, wat die eerste teken van veroudering is. Fyn lyntjies vorm gou wanneer vel gedehidreer is.”

Wat jy kan doen
Jy kan byna dadelik ’n verbetering in velgehalte sien deur net te begin om ’n serum onder jou vogroom te gebruik. “’n Serum is baie meer gekonsentreerd as ’n vogroom en help jou vogroom om sy werk beter te doen.’n Serum word ook makliker deur jou vel geabsorbeer. Jy sal ná een dag reeds ’n verskil sien,” sê Lauren. Probeer Dior L’Or de Vie L’Extrait (R1 040).
“Soek produkte wat kollageen-produksie verhoog en versterk,” sê Julia. “Produkte met vitamien C is ook goed vir die herstel van kollageenweefsel.”Sit vog terug met Dermalogica Skin Hydrating Masque (R480). Olay Regenerist Daily 3 Point Treatment Cream (R294) sal jou vel se kollageenproduksie verhoog, terwyl Clarins Multi-Active Day Early Wrinkle Correction Cream (R575) jonger vel beskerm terwyl dit vog gee. Gebruik Yardley Line Minimizer Primer (R89,95) voordat jy jou onderlaag aanwend om lyntjies minder opsigtelik te maak.

 Vaalheid
“Soos jy ouer word, skenk jou liggaam ál minder aandag aan nie-noodsaaklike take – ongelukkig val selvernuwing hieronder.Wanneer selle nie vinnig genoeg vernuwe nie, bly dooies op die oppervlak agter. Dit skep ’n vaal gelaat wat jou ouer laat lyk,” verduidelik Izolda.

Wat jy kan doen
Gebruik 2 keer per week ’n gesigskropmiddel om van dooie selle ontslae te raak, en gee ’n bietjie kleur met ’n helder blosser: “Die ekstra kleur laat jou vel tot sy reg kom: Dit skep die illusie van ’n helder en eweredige velkleur,” sê Tia. Probeer
L’Oréal VitaLift Rejuvenating Cleansing Self-heating Cleansing Wash (R79,95) wat klaarspeel met dooie velletjies, terwyl die aktiewe bestanddele verfris.  DiorSnow Light Reveal Iridescent Powder (R460) het deursigtige pigmente wat vel ’n vars en helder voorkoms gee.

 Oneweredige velkleur
“Behandel eerstens die oorsaak van pigmentasie,” sê Julia.“As jy weet dis hormonaal kan jy dadelik begin om die wanbalans met behulp van die Pil te herstel. Maar wat ook al die oorsaak, die son is altyd die katalisator vir vlekkies se vorming. Dus, selfs al is jy nie seker wat jou pigmentasie veroorsaak nie, sorg dat jy ’n SBF-middel gebruik.”  Tia beaam dit: “Dra elke dag ’n produk met ’n SBF: Die son veroorsaak nie net pigmentasie nie, dit laat ook bestaande merke verdonker. Selfs al sukkel jy nie met pigmentasie nie is ’n SBF ’n moet om lyntjies te  voorkom.”

Lees meer oor pigmentasie by www.sarie.com > skoonheid.

Wat jy kan doen
Wees op die uitkyk vir produkte wat pigmentasie beveg, soos Estée Lauder Cyber White EX  Extra Brightening Moisture Creme (R454), en verbloem oneweredighede slim met M.A.C Studio Sculpt Foundation SPF 15 (R260). Hou die son op sy plek met Elizabeth Arden Eight Hour Cream Sun Defence For Face SPF 50 (R165).

L&aposOréal VitaLift Cleansing wash M.A.C. Studio Sculpt Foundation SPF 15

L’oréal VitaLift Rejuvenating Cleansing Self-heating Cleansing Wash

DiorSnow Light Reveal Iridescent Powder

Estée Lauder
Cyber White EX Extra Brightening Moisture Creme

M.A.C Studio Sculpt Foundation SPF 15

Elizabeth Arden Eight Hour Cream Sun Defence  SPF15
Elizabeth Arden Eight Hour Cream
Sun Defence For Face SPF 50